Persvrystelling: Daar was 'n tyd

  • 0

’n Ware liefdesverhaal, die dae en maande na die afgryslikhede wat in die wêreld bekend gestaan het as die Anglo-Boere-oorlog. Dit was nooit ’n oorlog nie, dit was moord op vrouens en kinders. Daarna het die bloed in die are van die Suid-Afrikaanse landskap nog nooit verdun nie. Die grasieuse Koningin van Engeland het nog nooit op ’n podium verskyn en berou getoon nie.

Gegooi in die politieke arena van Imperialistiese grypsug deur gebeure buite die Boererepublieke se beheer. ’n Patroon wat hom telkens in die geskiedenis herhaal. Steeds: Irak, Iran, Sirië?

Nuwe statistiek: 35,000 vrouens en kinders vermoor. Daar word beweer die nasate van die vroue en kinders wat gesterf het, sou die Suid-Afrikaanse bevolking met 10 tot 15 miljoen vandag vergroot het. Dit het die diaspora en verspreiding van ’n volk veroorsaak. Die wond het nooit werklik genees nie.

Hierdie strook in die Afrikaner se geskiedenis is boeiend en met versigtigheid in die toneelstuk vasgevang.

Die akteur/skrywer Jan Groenewald se vertelling word visueel verbeeld in film en musiek; kosbare bydraes van Brumilda van Rensburg en Isadora Verwey maak hierdie stuk ’n boeiende ervaring.

Julie:

18de, 21ste - 8.00 nm, 22ste - 12.00 nm, 25ste - 8.00 nm

R120.00 per persoon

Besprekings - 011 486 0935 - admin@foxwood.co.za - www.foxwood.co.za

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top