Persvrystelling: ATKV Nasionale Instrumentale Klassiekemusiek-kompetisie

  • 0

ATKV-Muziq is die ATKV se jaarlikse bydrae tot instrumentale klassieke musiek in Suid-Afrika. Dit vind plaas in die vorm van ’n klassiekemusiek-kompetisie vir jong volwasse musici en het ’n totale prysgeld van R106 000.

Die tweede en finale rondes van ATKV-Muziq vind van 6 tot 8 September 2012 in die Endlersaal by die Konservatorium van die Universiteit Stellenbosch plaas. Die kompetisie skop af om 09:30 op Donderdag 6 September. Die finale ronde vind plaas op Saterdag 8 September vanaf 19:00.

Instrumentaliste vanaf 15 jaar tot en met 27 jaar kon vir ATKV-Muziq inskryf. Die eerste ronde het in Mei vanjaar plaasgevind. Kandidate kon in sewe kategorieë deelneem. Die volgende musici (in geen spesifieke volgorde nie) is gekies om aan die tweede ronde deel te neem:

Kategorie

Deelnemer

Instrument

Orrel

Devandré Boonzaaier

 

 

Eljee du Plooy

 

 

Hentus van Rooyen

 

Koperblaas

Dylan Barker

Franse horing

 

Sigrid Ceunen

Franse horing

 

Ryan Kierman

Tromboon

Ander instrumente

Cherilee Adams

Perkussie

 

Carl Straussner

Kitaar

 

Dylan Tabisher

Perkussie

Klavier

Jean-Pierre Calitz

 

 

Peter Cartwright

 

 

Megan Geoffrey-Prins

 

 

Marnus Greyling

 

 

Andrew Munro

 

 

Nina Phillips

 

 

James Redfern

 

 

Richard Rheeder

 

 

Roelof Temmingh

 

Ensembles

US Percussion Duo

 

 

US String Quartet

 

Strykers

Nicole D’Oliveira

Viool

 

Wilmien Janse van Rensburg

Viool

 

Carin Jansen van Vuuren

Viool

 

Lieva Starker

Viool

 

Anna van der Merwe

Viool

 

Samantha van Gysen

Viool

Houtblaas

Rebecca Brouckaert

Klarinet

 

Liam Burden

Saksofoon

 

Charl Clayton

Hobo

 

Engelien Coetzer

Saksofoon

 

Armandt Horton

Altsaksofoon

 

Tatiana Thaele

Fluit

 

Myles Roberts

Fluit

 

Jennifer Pott

Fluit

 

Louisa Theart

Fluiit

Totaal: 35

Oorspronklik was 37 kandidate gekies om deel te neem, maar ongelukkig moes twee kandidate weens persoonlike redes onttrek.

Die beoordelaarspaneel staan onder leiding van Arisa Voges, UNISA se direkteur van die Direktoraat Musiek. Die res van die paneel bestaan uit Catherine Foxcroft (Rhodes Universiteit), Liezl-Maret Jacobs (Universiteit van KwaZulu-Natal), Louis van der Watt (Universiteit Stellenbosch) en Brandon Phillips (hooffagotspeler van die Kaapse Filharmoniese Orkes).

Om sitplekke te bespreek vir die finale ronde, wat op Saterdag 8 September om 19:00 plaasvind, skakel asseblief die projekorganiseerder, Ilse Schürmann, by 082 851 7157. Toegang is gratis, maar voorafbespreking vir spesifiek die finale ronde is noodsaaklik.

Tydens die finale ronde sal die algehele wenner prysgeld ter waarde van R40 000 ontvang. Verder is daar sewe kategoriepryse ter waarde van R8 000 elk, wat ook toegeken sal word. ’n Aantal spesiale pryse sal ook toegeken word.

Tydens die finale ronde tree die sopraan Caroline Modiba as gaskunstenaar op. Caroline het onlangs die tweede plek in ATKV-Muziqanto, die ATKV se volwaardige klassiekesang-kompetisie, verower.

Die nasionale Afrikaanse radiostasie, RSG, is vanjaar die mediavennoot van hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top