Persvrystelling: ALV-kongres uitgestel na Januarie 2021

  • 0

ALV-kongres 18–20 Januarie 2021, Nelson Mandela Universiteit, Port Elizabeth

Tweede oproep vir referaatvoorstelle

Weens die onsekerheid rondom COVID-19 is daar besluit om die kongres na vroeg volgende jaar te verskuif.

Referaatvoorstelle van ongeveer 300 woorde (met vermelding van die referaattitel, die naam en e-posadres van die persoon wat die referaat sal aanbied, asook die betrokke affiliasie) word ingewag tot en met 16 Julie 2020. Stuur referaatvoorstelle voortaan aan ALV@mandela.ac.za.

Die kongrestema is Affekte, emosies, begeertes en/in die Afrikaanse letterkunde:

  • Affekteorie (Masumi, Spinoza, Bergson, Deleuze en Guattari)
  • Eve Sedgwick: tasbaarheid (“tactility”), tekstuur (teksstuur)
  • Skande, skaamte, beskaam, vernedering
  • Sintuiglike belewing (sien, hoor, proe, voel, ruik)
  • Begeerte, behoefte, jouissance
  • Performatiwiteit
  • Dierlik, verdierliking
  • Blik (“gaze” en “gayze”)
  • Sensualiteit
  • Optimisme, pessimisme
  • Woede, geweld, mag
  • Pyn, pyniging, pynlik
  • Verlies, aflegging, losmaak
  • Affekte en die posthumanisme

Die kongres word op die hoofkampus in Somerstrand gehou en daar is heelwat gastehuise in die omgewing.

Klik hier vir die registrasievorm in PDF-formaat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top