Persverklaring: SA Akademie se jaarlikse simposium 2021

  • 0

Die SA Akademie se jaarlikse simposium, met die aktuele tema “Armoede in die Suid-Afrikaanse samelewing”, vind virtueel op 16 September om 14:00 tot 17:00 per MS Teams plaas.

Referate is vooraf opgeneem en is van 9 tot 16 September op die Akademie se YouTube-kanaal vir alle simposiumgangers beskikbaar by https://www.youtube.com/channel/UCp7S5UyyEazdGABB7owx2Hg.

Die volledige program, asook die referaatopsommings en kort CV’s van die referente is nou reeds beskikbaar op die Akademie se webblad by www.akademie.co.za onder Nuusflitse.

Op die dag van die simposium, 16 September, word die hoofrede intyds gelewer deur Lou-Marié Kruger van die Departement Sielkunde, Universiteit Stellenbosch: “Land van ‘honger, woede en geweld’”. Na afloop van die hoofrede is daar geleentheid om intyds vrae te rig aan die hoofspreker en al die referente.

Registreer vóór 16 September by linda@akademie.co.za waarna ’n skakel vir deelname aan hierdie simposium beskikbaar gemaak sal word.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top