Persverklaring: PEN Afrikaans oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument

  • 2

(English below)

PEN Afrikaans neem met kommer kennis van die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, se voorneme om die naam van die Afrikaanse Taalmonument (ATM) te verander, aldus ’n verklaring deur dié instansie.

Enigeen wat ag sou slaan op die werksaamhede van die ATM ná ons land se demokrasiewording sal weet dat hierdie instansie enorm baie gedoen het om sosiale kohesie en eenheid te bewerkstellig en inklusiwiteit te bevorder.

Daar is min instansies wat sigself so deeglik herbesin het as juis die Afrikaanse Taalmonument en -museum. Nie net is dit veelrassig nie, dit is ook een van die min ruimtes wat die slaweherkoms en die wesenlike invloed van die Islam op Afrikaans openlik vier en tentoonstel.

Met inagneming van wat deur die ATM opgebou is, is die sin van die beoogde naamsverandering te betwyfel.

Fondse en hulpbronne wat daarvoor geoormerk sou word, sou sekerlik beter aangewend kon word deur die bied van konkrete ondersteuning aan kuns- en kultuurbedrywighede in Suid-Afrika, deur byvoorbeeld meer kulturele geleenthede te laat plaasvind, oral in die land, ook by die ATM, en in alle inheemse tale.  

PEN Afrikaans doen ’n beroep op die besluitnemers om ’n naamsverandering vir die ATM met groot omsigtigheid te benader. Misplaaste en ondeurdagte inmenging van hierdie aard kan groot skade tot gevolg hê.

PEN Afrikaans sal aan die beraadslagingsproses deelneem en die beplande openbare vergadering eerskomende Saterdag bywoon.


Press release: PEN Afrikaans on the proposed name change of the Afrikaans Language Monument

PEN Afrikaans notes with concern the intent of the Minister of Sport, Arts and Culture, Nathi Mthethwa, to change the name of the Afrikaans Language Monument, known as the Afrikaanse Taalmonument (ATM), according to a statement by this institution.

Anyone who would pay attention to the activities of the ATM after our country's democratisation will know that this institution has done an enormous amount to bring about social cohesion and unity and to promote inclusivity.

There are few institutions that have reimagined themselves as thoroughly as the Afrikaans Language Monument and Museum. Not only is it multiracial, but it is also one of the few spaces that openly celebrates and exhibits the slave origins and the substantial influence of Islam on Afrikaans.

Given what has been built up by the ATM, the sense of the proposed name change is questionable.

Funds and resources that would be earmarked for this could certainly be better utilised by providing concrete support to arts and cultural activities in South Africa, for example by having more cultural events take place, all over the country, including at the ATM, and in all indigenous languages.

PEN Afrikaans appeals to the decision-makers to approach a name change for the ATM with great caution. Misplaced and ill-considered interference of this nature can result in major damage.

PEN Afrikaans will participate in the consultation process and attend the planned public meeting this coming Saturday.

  • 2

Kommentaar

  • Dis 'n geskiedkundige gebou, die rede vir ons taal. Fokus op weekloosheid en los die geboue se name.

  • NAME
    Daar is al vir geruime tyd 'n openbare diskoers oor standbeelde, monumente en die benaming van openbare strate, parke, geboue en ander gedenkwaardighede.
    Dit het spoed opgetel met die #Rhodesmustfall beweging en ook in die VSA en Verenigde Koninkryk word die saak herbesin.

    Eers moet ek my oortuiging oor standbeelde en dies meer duidelik stel.
    Ek hou nie van enige uitbeelding van 'n persoon of beweging wat nie almal insluit nie.
    Wêreldwyd het 'n tradisie oor tyd ontwikkel om die heerser en die oorwinnaar te gedenk met beelde, straatname en ander gedenkwaardighede. Vandag word hierdie items bevraagteken en word daar gepoog om hierdie artefakte en name te vervang met 'n inklusiewe uitbeelding van historiese gebeure en figure.
    Gemeet teen die kriteria van inklusiwiteit, transformasie en maatskaplike geregtigheid, is daar myns insiens 'n saak uit te maak om sekere Suid-Afrikaanse gedenkwaardighede elk op meriete te heroorweeg.

    1. Die Voortrekkermonument:
    Hierdie monument is ter nagedagtenis van die Voortrekkers wat met hul waens na die binneland getrek het. Hul lewensstyl, kultuur, geloof, artefakte en diere word hierin uitgestal.
    Ook is dit die vergestalting van Afrikaner-Nasionalisme en was die 'Slag van Bloedrivier' vir dekades herdenk as Geloftedag en as 'n openbare vakansiedag gevier ter ering van die Trekkers se oorwinning oor 'n oormag Zoeloe-Impi op 16 Desember 1838.
    Hierdie gedenkwaardigheid is nie 'n inklusiewe monument wat alle volkere verteenwoordig nie, maar spesifiek die triomfantelike uitbeelding van 'n oorwinning van een etniese groep oor 'n ander.

    2. Die Afrikaanse Taalmonument:
    Hierdie monument is opgerig om die ontstaan van Afrikaans te herdenk. Van meet af was hierdie projek as verdelend beskou.

    Die outeur en uitgewer, Kerneels Breytenbach skryf:
    'Die Afrikaanse Taalmonument het baie gemengde gevoelens uitgelok toe dit in die vroeë jare sewentig opgerig is, en op 10 Oktober 1975 ingewy is. Afrikaanse skrywers was baie selektief na die geleentheid uitgenooi, en hulle het toe en masse besluit om die geleentheid te boikot. So het dit toe gekom dat die skrywers 'n soort salon de refusé in die Klub Here XVII in Langstraat, Kaapstad gehou het met Danie van Niekerk van Tafelberg-Uitgewers as gasheer. Al die groot name van die dag was daar, en nie by die monument nie. 'n Gedig van Adam Small is by die monument se inwyding voorgelees - maar Small self was saam met die skrywers by die Klub Here XVII.'

    Hierdie monument gaan gebrek aan volle verteenwoordiging en gee min erkenning aan die Khoi-Khoi en die Kaapse inwoners van Maleisiese afkoms. Die monument is opgerig op die 100ste herdenking van die Genootskap van Ware Afrikaners, 'n groep wit mans wat hoofsaaklik onderlinge familielede en afstammelinge van Nederlandse migrante en van Franse Hugenote was.

    3. Beelde van apartheid- en ander koloniale leiers:
    Die meeste standbeelde te herdenking aan premiers, eerste ministers en staatspresidente van die Nasionale Party tydens die apartheidsjare is reeds verwyder uit die publieke oog en enkele beelde word bewaar in plekke soos Orania (Hendrik Verwoerd).
    Beelde, plekname en ander artefakte ter nagedagtenis van koloniale leiers is eensgelyks problematies.

    4. Straat- en parkname asook die name van geboue:
    Myns insiens is die simboliek gekoppel aan hierdie name dieselfde as die verteenwoordiging deur standbeelde en monumente en moet oor dieselfde kam geskeer word.
    Ek, persoonlik, glo dat met enkele uitsonderings politici se name vir strate, geboue (insluitend skole) en ander openbare gedenkwaardighede nie gebruik moet word nie.

    5. Plekname:
    Plekname moet met groot omsigtigheid benader word.
    Soos met die herbenaming van Port Elizabeth na Gqeberha moet alle historiese feite in ag geneem word alvorens 'n streek of gebied 'n nuwe naam kry. Die name van historiese figure moet liefs vermy word en kan fauna en flora asook ander omgewingsfaktore oorweeg word as name.

    Ter opsomming:
    Daar is 'n baie klein groepie mense wie se lewens werklik inklusief was en wie alle groeperinge sou kon verteenwoordig met die benaming van plekke.
    Dit sou kon insluit Desmond Tutu, Nelson Mandela, Beyers Naudé en miskien Jan Smuts.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top