Persverklaring: Oproep om referate – 1ste Kongres van die Afrikaanse Taalkunde-en-Letterkundevereniging

  • 0

Logo verskaf deur die ATLV

Datum: 7–10 September 2027
Plek: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Ziervogelstraat 574, Pretoria
Tema: Kinese

Dit is die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap van die Universiteit van Suid-Afrika se plesier om belangstellendes na die eerste ATLV-kongres uit te nooi. Dié byeenkoms bou voort op die laaste konferensie van die Afrikaanse Letterkundevereniging, gehou in Bloemfontein in 2025. Tydens die laaste geleentheid is die ATLV in die lewe geroep met die doel om ’n verenigde Afrikaanse akademiese landskap te verken en te karteer. Kinese, die beweging of verandering van ’n organisme in reaksie op ’n bepaalde stimulus, vorm daarom ’n gepaste kongrestema. 

Ons wag voorstelle in oor enige onderwerp binne Afrikaanse letterkunde, Afrikaanse taalkunde, Afrikaanse taalonderrig en enige aanverwante dissipline. Referate duur 20 minute met tien minute vraetyd. Paneelbesprekings duur 60 minute en sluit enige vraetyd in. 

Die sperdatum vir die indiening van opsommings is 30 April 2027.

Klik hier om die volledige inligtingstuk in PDF af te laai.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top