Honneurs in Afrikaans (Taalkunde of Letterkunde)
Waarom moet jy hierdie kursus aan ons Universiteit oorweeg?
- Ons bied DSAC-beurse aan wat jou registrasiefooie betaal.
- Die aanbieding is hibridies, klasse kan op kampus aangebied word, of kan in blokvorm tydens skoolvakansies aangebied word. Klasse kan ook aanlyn aangebied word om studente buite Gqeberha te akkommodeer.
Voorvereiste:
’n BA-graad met Afrikaans of Afrikaans-Nederlands III met ’n gemiddeld van 60%. Studente kan ook aansoek doen om op grond van erkenning van vorige leerervaring toegelaat word.
Modules
Taalkunde: Studente kies die volgende modules:
- Treatise (verpligtend)
- Variasietaalkunde
- Semantiek
- Leksikografie
Letterkunde: Studente kies die volgende modules:
- Treatise (verpligtend)
- Afrikaanse Letterkunde (tot en met Sestigers)
- Afrikaanse Letterkunde (sedert Sestigers)
- Vergelykende Literatuurstudie (Afrikaanse tekste in gesprek met ander letterkundes)
Kontakpersone:
- Taalkunde (Annél Otto: anna.ottto@mandela.ac.za.)
- Letterkunde (Marius.crous@mandela.ac.za)


