Na aanleiding van onlangse mediaberigte en verklarings, reageer die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) as volg oor ’n moontlike naamsverandering vir die instelling:
Dit is korrek dat die agbare minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, op 10 Maart 2022 in Pretoria gesê het dat die ATM se naam moet verander. Dit was tydens die jaarlikse ondertekeningseremonie van die aandeelhouerkompakooreenkoms tussen die departement en alle hoofde en voorsitters van die openbare entiteite wat onder sy portefeulje val.
In reaksie het die instelling besluit om ’n konsultasieproses van stapel te stuur om die haalbaarheid van ’n moontlike naamsverandering te ondersoek. Die eerste stap is om ’n strategiese beplanningsessie met die ATM-raadslede op 26 en 27 Mei 2022 te hou, gevolg deur ’n openbare vergadering op 28 Mei in die Paarl waartydens die publiek se insette gevra sal word. Tot dan verkies die ATM se raad en bestuur om nie verdere openbare kommentaar te lewer nie om sodoende nie die proses vooruit te loop nie.
Intussen bly ons daarop gefokus om maatskaplike samehorigheid, veeltaligheid, Afrikaans en ander inheemse tale – asook die rol wat hulle in die groter dekolonialisasieproses speel – te bevorder. Ons moedig dus mense wat dieselfde voel aan om die instelling te ondersteun deur ons wye verskeidenheid geleenthede by te woon en om jaarpermitte aan te skaf. Die Taalmonument het ook onder meer oudiogidse in Afrikaans, isiXhosa, Engels en Frans beskikbaar waardeur die simboliek van hierdie ikoniese beeldhouwerk verduidelik word. Al die relevante inligting, asook ons visie en missie, is op ons veeltalige webtuiste by www.taalmuseum.co.za beskikbaar.
Statement by the Afrikaans Language Museum and Monument regarding a possible name change for the institution
Following recent media reports and statements, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) reacts as follows regarding a possible name change for the institution:
It is correct that the honourable minister of sport, arts and culture, Nathi Mthethwa, on 10 March 2022 said in Pretoria that the ATM's name must change. This was during the annual signing ceremony of the shareholder compact agreement between the department and all heads and chairs of the public entities that fall under his portfolio.
In response, the institution decided to launch a consultation process to investigate the feasibility of a possible name change. The first step is to hold a strategic planning session with the ATM board members on 26 and 27 May 2022, followed by a public meeting on 28 May in Paarl where members of the public can give their inputs. Until then, the ATM's board and management wish to not make any other public statements in order to not pre-empt the process.
In the meantime, we remain focused on promoting social cohesion, multilingualism, Afrikaans and other indigenous languages - as well as the role they play in the larger decolonisation process. We therefore encourage people who feel the same way to support the institution by attending our wide range of events, and acquiring annual permits. The Taalmonument also has audio guides available in Afrikaans, isiXhosa, English and French that explain the symbolism of this iconic sculpture. All the relevant information, as well as our vision and mission, is available on our multilingual website at www.taalmuseum.co.za.
Kommentaar
Nee wat, breek hom maar af as dit julle standpunt is. Dit is die AFRIKAANSE TAAL se monument, nie die 12 tale-monument nie. My magtig man!!!
Dis ondenkbaar dat iemand dit sou wou verander. Slegs die feit dat daar so 'n monument opgerig is, moet tog iets sê van die doel daarvan. Dis 'n taalmonument vir Afrikaans. Daar word gekrap waar dit nie jeuk nie. Los ons taal en die monumente, wat sê wie en wat ons is, uit.
Afrikaans is een van die amptelike tale. Laat ander taalgroepe eerder hulle eie monumente gaan oprig. Waarom so aanhoudend afbreek en afbrand?
As die ATM se direksie en bestuur bereid is om, onder aanstigting van 'n minister wat onmin saai eerder as samehorigheid bevorder, hoegenaamd 'n naamsverandering vir die Afrikaanse Taalmonument te oorweeg, behoort hulle summier te bedank en weg te stap, want dan kan hulle nie met die bewaring en behoud van die monument namens alle Afrikaanssprekendes van die verlede, die hede en die toekoms vertrou word nie. 'n Naamsverandering vir die ATM is 'n skandelike gedagte.
Dit is 'n skande om die moontlikheid van 'n naamsverandering te noem. Maar dit sal verraad wees om dit te oorweeg.
STOP STOP, sê die sogenaamde minister. Hy moet hom liewer besig hou met sake wat verdeeldheid sal teenwerk. Hy moet ophou verdeeldheid aanblaas.
As ATM se direksie dit enigsins oorweeg om die naam te verander moet hulle liefs bedank en persone aanstel wat omgee vir ons taal en kultuur!
Die span hy die taalmonument werk baie jare baie hard aan inklusiwiteit. Sou mens die klipstruktuur en die bestaande, funksionerende span met die goeie inisiatiewe ondersteun vir die goeie werk? Wil ons tweespalt of verwydering, omstredenheid, veroorsaak op grond van 'n naam? Gaan dit ons een stappie vorentoe of agteruit neem? Die taalmonument. Die naam hoef nie enige van die geskiedenis met Afrikaans of die werk aan die toekoms van Afrikaans (wat inderdaad ernstige aandag en toewyding nodig het, hand in eie boesem steek nodig het - gebruik Afrikaans, lees Afrikaans, betaal vir Afrikaans) te verander of aan te tas nie. Is mede en meer, nie verkieslik bo minder nie? Die taalmonument. Waarby die geskiedenis van Afrikaans en hierdie monument dan ook verdere spasie maak vir ander taalgeskiedenisse, dit lyk my na 'n groot gebou en terrein. Niks word weggeneem nie, baie kan verruim.
Ek het dit nie oor die politieke saak van die minister nie. Wat my opval is dat dit relatief stil is uit literêre - en skryfgeledere oor die saak van 'n naam. Belangstellendes kan gerus Kerneels Breytenbach en Sidney Gilroy se perspektiewe en die kommentaar daarby, op Facebook volg. Dit is al.
Die kritiek teen die museum se bestuur berus nie op nugtere oorweginge nie. Dit is 'n ideologiese besluit die vanaf regeringskant waaraan die bestuur niks eintlik kan doen nie.