Persoonlikheid

  • 0

trek my klere uit
haal my lipstiek af
vergeet my oë
my hele lyf ook
vee my gesig uit

alles vat dit weg
en kyk
kyk dan vir my

sien jy ’n hart
dis ek
dis hoe ek lyk

kyk
daar sal jy jou
hart ook sien

dis hoe jy
vir my ook lyk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top