Perfekte prinsiep van 'n prinses
Die las op my skouers is al iets wat ouer
as die valse glimlag op jou gesig is
Die genadelose winter sonder jou raak al hoe kouer
Asseblief my sonskyn, kom terug
Wat is die kans
dat ek 'n goeie liedjie vir jou sal skryf
as my hand so oor die papier dans?
REFREIN:
Moenie jou trane mors nie
Moenie 'n stukkie van jouself verloor nie
Want jy het die perfekte prinsiep van 'n prinses
en jy is my lewe
My antwoord en die rede
dat ek weer in my bestaan kan glo
My gewete pla my meer as wat die afstand jou irriteer
Ek dra jou saam met my heeldag en al nag
Die gawe lente is op pad en die son begin weer al hoe later te sak
Ek haat dit om sonder jou te gaan slaap
Wat is die kans
dat ek vir jou 'n mooi liedjie sal sing
as my hande so oor die kitaar se snare dans?
REFREIN
Ek sukkel om my oë te glo
Wan wanneer af voel my hart so?
Jy het my betyds kom haal
en my gewys dat ek tog bestaan
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


