Dagsê Perdebytjie
Dit lyk vir my ek en jy ly aan dieselfde hallusinasies – die feit dat ons glo ons sien Jupiter se mane deur ’n gewone teleskoop.
So tyd gelede het ek hier vertel hoe aangrypend dit vir my (net soos blykbaar vir jou ook) was om die eerste keer Jupiter se mane deur my seun se teleskoop te beskou. Ek is ernstig deur ons resident spiritueel intelligente oppermeester KdK meegedeel dat dit onmoontlik is om Jupiter se mane deur ’n teleskoop te sien. Dis blykbaar in ’n goddelike gesig so aan hom geopenbaar.
Vir maande lank het ek gewroeg oor die hallusinasie wat ek beleef het en was ek dus verlig om in jou skrywe te lees dat jy ’n soortgelyke belewenis gehad het. Nie eers foto's kon onse Kosie destyds oortuig dat hy snert praat nie en het hy hardnekkig volhard dat hy en hy alleen weet wat is sigbaar en wat nie.
Staal jou dus daarteen om deur ons broer owerste uitgedelg te word vir jou verwaandheid om te beweer jy sien goed wat hy (wat nog nooit deur ’n teleskoop geloer het nie) beweer onsienbaar is.
Groetnis
Thomas

