Perdebytjie en die natuurwette

  • 0

Perdebytjie

Dit is interessant dat jy beweer dat die markies de Laplace die “eerste” wetenskaplike sogenaamde “bepaling” gemaak dat: “given the state of the universe at one time, a complete set of laws fully determines both the future and the past.” Bepaling? Geensins. ’n Bepaling is oos wetgewing – dit staan vas. De Laplace was nie in ’n posisie om so iets te doen van wetenskaplike aard nie. Hy was gewoon ’n astronomiese filosoof en wiskundige en het gefilosofeer vanuit sy sekulêre uitgangspunt en as sodanig dra sy opinie geen spesiale gewig nie.

Kan jy jou indink hoeveel daar omtrent die heelal is wat die mensdom nog niks van weet nie? Dan is jou aanname omtrent de Laplace se filosofie uiters onverantwoordbaar en onbewysbaar – dit sal jy slegs kan sê indien jy sou kon bewys dat alle natuurwette aan die mensdom bekend is en dié wette ten volle begryp word in hul omvang, implikasie en werking. Dit is gewoon onmoontlik.
Daarbenewens is jou aannames aangaande sy uitlating bloot net jou eie, want uit wat jy aangehaal het, blyk dit glad nie dat hy op enige wyse te kenne gee dat hy of enige ander mens, selfs net bewus is van álle natuurwette nie en is jou persoonlike aanname omtrent de Laplace se uitlatings heeltemal onwetenskaplik en ongefundeerd en onbewysbaar. Dan is daar ook die natuurlike fenomene en wette waarvan agnostici weier om kennis te neem, naamlik die natuurwette wat die onsienlike, die spirituele, realm beheers.

Jy kan dus ongelukkig vir jou nie die bewering wat jy maak, as enigsins haalbaar voorhou nie.

Daar is baie wat wetenskaplikes nie weet nie (soos jy ook tereg sê), maar net so is daar baie wat sommige wetenskaplikes nie wíl wee t nie, wat, as jy enigsins werklik eerlik sou wou wees, jy/julle dadelik sou moes erken. Probleem vir jou, vir julle, is, as julle dit erken, sal julle daarmee saam erken dat julle genoop is om óf die spirituele dimensie te ondersoek, óf te aanvaar wat diegene sê daarvan, wie dit wél ondersoek, en daar is báie van hulle.

Is jy gereed daarvoor?

G’n wonder jy wil die debat beëindig nie …

Groete,

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top