Perdebytjie en die dieresoorte

  • 0

Perdebytjie

Ja, dit is nogal sinneloos om die gespreek te voer as jy nie eens dit wat ek skrywe, in die korrekte perspektief sien nie. Jy sê “Iemand wat beweer daar is net ‘40 000 diertjies’ (dus 20 000 spesies volgens jou redenasie) op aarde, …” My redenasie? Ek wil vir jou sê, ek weet nie wie dít beweer nie … beslis nie ek nie.

As jy egter behoorlik en met insig lees wat ek skrywe, sal jy sien dat ek sê dat, van al die lewende spesies wat wél op die aarde lewe, dit net nodig was om die gesegde aantal diere op die ark te neem, in ag genome dat daar van die rein soorte nie een paar nie, maar 7 pare opgeneem moes word, algar verteenwoordigende van ongeveer 27 000 bekende gewerwelde spesies. Die welbekende agnostiese taksonoom na wie ek telkens verwys, Ernst Mayr, maak dit duidelik dat daar, van die soorte wat wél op die ark geneem moes word (God het tog baie duidelik aan Noag gesê watter soorte dit verteenwoordig en dit verteenwoordig nie waterdiere en insekte en plantsoorte nie), ongeveer 27 000 spesies vandag lewe (dit is nou, as daar soveel verskeie soorte destyds was, want wie sê daar was soveel in Noag se tyd, omdat baie van hulle intussen intra-spesifiek ook mos sou ontwikkel het). Weet jy wie is Mayr?
Maar ek dink hierdie feite is vir julle te onverteerbaar, want as julle dit sou aanvaar, soos julle behoort te doen, sou julle besef het dat julle kritiek teen die Woord stelselmatig voor julle oë verkrummel sodar mens daaroor begin besin.

Nou is die vraag, waarom verstaan jy nie wat ek herhaaldelik geskrywe het nie, dat jy my só verkeerd aanhaal. Is dit omdat jy só bevooroordeeld is dat jy nie meer objektief kán lees nie, of kan julle werklik nie kan verstaan nie, wat as jy die gegewens uit die natuur (natuurwette) en die omgewing só lukraak waninterpreteer soos die eenvoudige taal en woorde van ander, dan is dit g’n wonder julle kan nie sin maak uit die Woord nie en raak verstrengel in die “natuurwette” wat julle só na verwys. Dit is die Darwinistiese evolusie wat nie stand kan hou vergeleke met die ware natuurwette nie. Indien jy dink dit kan, verduidelik dan vir ons die ontstaan van julle beweerde eerste protosoön uit die sogenaamde oersop.

Probeer gerus weer, as jy kans sien.

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top