
Die Hermanus Historiese Organisasie bied in samewerking met die bekroonde dramaturg en regisseur Charles J. Fourie van Pringlebaai ‘n aand van toneel aan by die Hermanus Burgersentrum. Die produksie Ella’s Horses is gebaseer op die werklike verhaal van die ‘perdevrou van Hermanus’. Die deernisvolle en treffende toneelstuk vertel die verhaal van die eksentrieke Ella Gordon, wat ‘n ooreenkoms met haar dominee wil aangaan om haar geliefde perde en honde saam met haar hemel toe te vat. Ella was ‘n Skotse immigrant wat na Suid Afrika toe gekom het saam met ‘n reisende sirkus gedurende die vroeë 1900’s. Sy het eers in Hermanus gaan woon maar haar later op die plaas Karwyderskraal gevestig waar sy ‘n kerk en skool vir die plaaslike gemeenskap gebou het. Die perde begraafplaas waar sy haar diere begrawe het kan vandag nog op die plaas Karwyderskraal buite Hermanus besigtig word. Die produksie word opgevoer om fondse in te samel vir die Hermanus Historiese Organisasie wat dit ten doel het om Hermanus se geskiedenis te bewaar en aan ‘n nuwe geslag bekend te stel. U ondersteuning van die gebeurtenis sal hoogs waardeer word.
Kaartjies vir die vertoning op 4 Julie om 19h00 by die Hermanus Burgersentrum kos R80.
Vir besprekings en navrae kon Angela Heslop by e-pos: aheslop@hermanus.co.za
http://www.hermanus-history-society.co.za
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

