PEN Afrikaans se resensiekursus 2026: Inskrywings ingewag

  • 0

PEN Afrikaans bied vanjaar vir die eerste keer sedert 2018 weer in lewende lywe ’n resensiekursus aan. Sluit gerus op 25 Julie van 10:00 – 13:00 by ons aan by die Breytenbachsentrum, plek van “uitdagende skepping”, boeiende gesprekke en werkswinkels oor onder andere musiek, drama en skryfkuns.

Kom leer en gesels by dié multidissiplinêre kultuursentrum saam oor die elemente van resensies – hetsy van boeke, films, musiek of drama.

Die bekende digter en resensent, Danie Marais, sal die kursus aanbied met insette van fasiliteerders Candice Jantjies, met haar agtergrond in die kunsjoernalistiek, en Erla Diedericks, met uitgebreide ervaring in die boekewêreld.

In 2017 het PEN Afrikaans vir die eerste keer saam met Netwerk24 ’n resensiekursus aangebied, en sedertdien was daar ’n kursus by die Woordfees sowel as verskeie aanlyn resensiekursusse.

Die kursus is daarop gemik om die Afrikaanse kunskritiek en resensiekunde te bevorder, en sluit praktiese leiding oor resensering in.

Koste is R290 per persoon. Kontak ons by penafrikaans@gmail.com om jou plek te bespreek.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top