PEN Afrikaans neem afskeid van Jakes Gerwel

  • 0

PEN Afrikaans is hartseer oor die vertrek van prof Jakes Gerwel en wil graag op gepaste wyse aan hom hulde bring. Een van ons lede, dr Jeanette Ferreira, het voorgestel dat lede in die noorde, waarvan die meeste nie sy begrafnis kan bywoon nie, in Pretoria byeenkom om 'n kersie vir hom aan te steek.

BESONDERHEDE

PEN Afrikaans hou ’n "wake" vir Jakes Gerwel waar vriende en bekendes saam kan afskeid neem van hom.

Dit word deur PEN Afrikaans aangebied maar is oop vir almal wat belangstel.

TYD:

Maandag 3 Desember vanaf 17:00

PLEK:

Karoo Kafee (in die aparte lokaal langs die restaurant)
Hoek van Lynnwood- en Albethstraat, Pretoria, oorkant die Willow Waysentrum

RSVP:

Jeanette Ferreira, deerpark@vodamail.co.za

  • Bring asseblief kontant saam en betaal die kelner dadelik wanneer jou dop kom, anders kom daar ’n gesamentlike rekening wat chaos kan veroorsaak. Die restaurant bedien ook daar, as iemand daarna wil eet.
  • Dit is informeel. Elkeen wat ’n sin of twee oor Jakes wil sê, kan dit doen, maar hou dit kort sodat almal ’n kans kry. Anders kan jy ’n kort gedig bring om voor te lees of self een skryf.
  • Daar sal ’n miniatuurkersie vir elkeen wees om aan te steek terwyl ons Jakes se werk, sy vriendskap en sy wonderlike invloed op ons samelewing gedenk.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top