Dit is weereens die ateïstiese agnostikus wat kommentaar lewer oor sake Gods en veral die dienaar van die HERE, van Paulus – en soos ons dit by die agnostici en draadsitters al só dikwels gesien het, is hulle taktiek die verdagmakery van die boodskapper – in hierdie geval, Paulus die apostel. Dit is ook tipies die agnostikus wat sal poog om 2000 jaar van Christenskap ‘weg te skuif’ om sy eie versinsels met gemak te formuleer – hoe anders – die enigste ware Godsdiens, die Christendom, sal hom mos in die weg staan en synde ’n agnostikus te wees, sal dit hom nie pas nie. Daarom word die Christendom nie deur draadsitters en agnostici gepoog weggeskuif te word op meriete nie, maar om hul eie persoonlike agendas te dien en in die proses gaan hulle eie pogings inherent self aan meriete mank.
Terloops, ’n ‘apostel’ is, volgens die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, óf een van die twaalf manne deur Christus gekies om Sy leer te verkondig en/of ’n verkondiger van ’n nuwe leer. [G. apo + stello wegstuur; apostolos die gesondene].
Pas dit nou op Paulus toe en onmiddellik sal hy kwalifiseer vir die tweede deel van die definisie hoewel hy boonop óók deur die HERE Jesus Christus gekies is (Handelinge 9:15). Diegene wat dus probeer om Paulus se apostelskap in twyfel te probeer trek, doen so uit vooroordeel en ’n desperate poging om die kragtige getuienis wat hy lewer aangaande die HERE Jesus Christus, met Wie hy ’n persoonlike verhouding had, te probeer diskrediteer. Al was hy wat Paulus is ook die knorrige plaaslike vullisverwyderaar uit Timboektoe, sou dit geen afbreuk doen aan sy kragtige getuienis omtrent God, nie. Sy persoonlikheid en herkoms het met die trefkrag van sy getuies onder inspirasie van die HERE direk, niks te make nie. Maar omdat hulle sy getuienis omtrent die Evangelie nie kan begryp en verwerk vir wat dit werklik is, nie, word sy herkoms en sy kamstige ‘bombastiese’ persoonlikheid en snert soos daardie deur draadsitter en agnostikus aangegryp om iets daarvan te probeer maak wat net nie lewenskragtig is nie. Só ook met hulle absoluut ongegronde beweringe dat Paulus kwansuis aan een of ander minderwaardigheidskompleks gebuk gegaan het en dít kwansuis sy getuienis en optrede sou motiveer – daar is géén aanvaarbare getuienis om dít te ondersteun nie – verál nie skinderstories van bevooroordeelde en insiglose draadsitters en agnostici, nie.
Paulus het nie net probeer voorgee dat hy ’n unieke en innoverende roeping en mandaat van die HERE Jesus Christus verkry het nie – hy het inderdaad só ’n mandaat van die HERE Jesus Christus verkry om die sogenaamde heidene (die nie-Joodse volke) te gaan bedien en die Evangelie aan hulle te verkondig (Handelinge 9:15; 19:11; 22:17–21; 26:12–18; Galasiërs 2:2,9 g.m. en ter vervulling van die profesie in Lukas 14:16-24) – iets wat aanvanklik ongehoord was omdat selfs die ander apostels gedink het die Evangelie eksklusief vir die Jode was. Inderdaad is die evangelie eerste aan die uitverkore volk voorgehou, maar hulle het die Boodskapper vervolg en daarom het die uitverkore volk dié plek verbeur en is dit oopgestel en vrygestel aan álle volkere en nasies – sien die profetiese gelykenisse van die HERE Jesus hieromtrent in Lukas 14:16-24 en Mattheus 22:2-14. En daardie unieke (destyds) opdrag is juis deur die HERE Jesus Christus aan Paulus as Sy apostel vir daardie doel, opgedra.
Dit is verbasend hoe die agnostici en draadsitters eenvoudig nie kan begryp hoe die HERE Jesus Christus eintlik God’s Woord is wat baie kortstondig (ongeveer 33 jaar) as Mens geïnkarneer het vir die báie bepaalde doel om die Énigste ware God in Persoon bekend te stel en om die Wet en die profete te kom vervul die voorbeeld te stel van die uitlewing daarvan in gehoorsaamheid teenoor God en as Verlosser en Messias, deur uiteindelik by Golgota die Nuwe Testament en Evangelie te volbring, nie. Ná die opstanding het die HERE Jesus Christus gewoon net weer teruggekeer na Sy oorspronklike Spirituele hoedanigheid.
Daarom het die vers wat Wouter aanhaal, Lukas 16:31, niks te make met die HERE se Eie opstanding, nie, maar is daardie vers die verduideliking waarom dit nie sal help om nóg mense uit die dood te laat opstaan om die lewendes te kom waarsku, nie. Die HERE Jesus Christus se Eie opstanding word onderskei deur die feit dat die opstanding en die gevolge daarvan, absoluut aardskuddende en blywende effek en resultate het – dit het die wêreld in sy spore gestuit en álles is verander daardeur- en hoewel deur die woord en mond van mense, die dissipels en apostels met ál hul menslike tekortkominge en kwellinge, het die HERE dié woord en daad van die dissipels só bekragtig dat die Evangelie van die HERE Jesus Christus die ganse wêreld omgekeer het … selfs nou nog. HY is die een enkele Persoon en God aan Wie selfs elke agnostikus en selfs sommige draadsitters, vandag verál, bykans al sy vrye tyd, wei, al is dit in hul insiglose en futiele pogings om Hom en Sy dienaars verdag te probeer maak.
Maar helaas, in hul pogings vestig hul net meer en meer aandag op hul eie onbeholpenheid wanneer dit by Godsake aankom.
Dit is absoluut fenomenaal om te aanskou met watter Krag die HERE Jesus Christus vandag nog, meer as tweeduisend jaar sedert Sy opstanding en Hemelvaart, absoluut mense aangryp en besiel en andere motiveer en dít sien ons aan die massiewe hoeveelheid tyd mense van alle oortuigings aan Hom en Sy bestaan en Sy invloed, bestee, na alle kante toe. Die HERE Jesus Christus en Sy Evangelie van Vrede is die mees bespreekte Onderwerp vir die afgelope meer as tweeduisend jaar en alles dui daarop dat dit nou méér so is as ooit tevore.
Die HERE Jesus Christus Lééf mos, dit is waarom dit steeds so gons rondom Hom!
Paulus het die HERE Jesus Christus nie in die vlees persoonlik geken nie, maar wel deeglik onderweg na Damaskus om die HERE Jesus se dissipels te gaan vervolg, in Sy Spirituele hoedanigheid ontmoet en leer ken. Daarvan getuig Paulus nes die ander apostels wat in die vlees by die HERE was en sedert Sy Hemelvaart, ook nes Paulus, in die Gees deur Hom gelei word en is sy getuienis volkome versoenbaar met hulle s’n, want hulle almal was deur Een Gees gelei – net soos die HERE God se dienaars vandag nog gelei word ooreenkomstig die belofte en Woord van die HERE God (Johannes 14:26).
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus
Jy maak die stelling: "...die enigste ware Godsdiens, die Christendom ..."
Hoe verwag jy moet enigiemand dit en wat daarop volg glo, komende van jou met jou geskiedenis as kluitjiebakker?
Thomas
Hello,
Vir die wat dalk na bespreking oor Paulus wil luister sonder die ideologiese inslag wat die skrywe hierbo toon kan na die volgende bespreking komende van die BBC Radio 4 se In our Time luister. Dit kan ook in konteks gesien word met die skrywe vandag deur my gepubliseer is, "Anti-Joods : Die Westerse tradisie" wat die marginalisering van die Joodse geloof en daarmee te same ook die tendens van vervolging verduidelik.
St Paul
Duration:
45 minutes
First broadcast:
Thursday 28 May 2009
Melvyn Bragg and guests Helen Bond, John Haldane and John Barclay discuss the influence of St Paul on the early Christian church and on Christian theology generally.
St Paul joined the Christian church in a time of confusion and wonder. Jesus had been crucified and resurrected and the Christians believed they were living at the end of the world. Paul's impact on Christianity is vast: he imposed an identity on the early Christians and a coherent theology that thinkers from St Augustine to Martin Luther have grappled with. Crucially, Paul is responsible for changing Christianity from a Jewish reform movement into a separate and universal religion.
Helen Bond is Senior Lecturer in the New Testament at the University of Edinburgh; John Haldane is Professor of Philosophy at the University of St Andrews; John Barclay is the Lightfoot Professor of Divinity at Durham University
Die bespreking kan hier gevind word:
http://www.bbc.co.uk/radio/player/b00kjk8z
Die verskil van hierdie bespreking is dat dit nie gebonde is aan die vooroordeel van die Christelike "ware gelowige" dogma nie en gewoon poog om Paulus in die konteks van sy tyd te plaas. 'n Kardinale verskil.
Baie dankie
Wouter
Komende van die persoon, Thomas, die pastorieseun wat die Groot Leuen in weerwil van sy opvoeding as lewensfilosofie kies en so sy gelowige ouers se nagedagtenis onder sy voete vertrap... is jy een wat kan kom groot stellings maak oor kluitjies bak? Die leuen lyk dan vir jou soos 'waarheid', en Waarheid soos die leuen. Met jou verwerping van God dien jy die satan, die duiwel - en die satan is juis die vader van leuens en bedrog, 'n moordenaar van siele.
Die verklaring vir jou toestand - meer in besonder jou onvermoë om Waarheid van leuen te kan onderskei - is duidelik en ondubbelsinnig te vinde in Johannes 8:43-47. Dit verklaar ook waarom jy ander as kluitjiebakkers aansien, terwyl jy eintlik na jouself in daardie spieël staan en kyk.
Kobus de Klerk.
'Paul's impact on Christianity is vast: he imposed an identity on the early Christians and a coherent theology that thinkers from St Augustine to Martin Luther have grappled with. Crucially, Paul is responsible for changing Christianity from a Jewish reform movement into a separate and universal religion' - opsommend die getuienis van 'n paneel semi-sekulêre akademici.
Ietwat oordrewe (hulle laat die klem ietwat misplaas val - kom eintlik die HERE toe), maar heel veelseggend. Paulus, die man wat eers die Christene vervolg het omdat hulle hom gewalg het en veral die HERE van die Christene hom so gewalg het, dat hy hulle eerder dood sou sien as om na hulle te luister.
Maar toe kom daar 'n ingrypende verandering in sy lewe - eensklaps - die einste HERE kom in sy lewe en vra hom die vraag "Saulus, waarom vervolg jy my?" Die realiteit van hierdie ontmoeting en die ingrypende Lewende HERE Jesus Christus en die besef dat hy al die tyd die werklike, die Waarheid, probeer vervolg, transformeer Saulus (Paulus) onmiddellik Spiritueel van 'n bose vervolger van die Waarheid na die man waarvan getuig word soos hierbo aangehaal...
Dit is die fenomenale Waarheid van die HERE Jesus Christus en die Krag van die Lewende Christus - Paulus, met al die antagonisme wat hom sedert sy eerste dae as bekeerling treiter (maar nooit kon keer of beïnvloed nie) en nou nog nie opgehou het nie, het daardie invloed juis vanweë die Lewende Heilige Gees van God en die Lewende Woord en openbaring van die HERE Jesus Christus wat sy bediening so ingrypend seën, selfs baie eeue na sy liggaamlike afsterwe.
Wat 'n wonderlike getuienis... daarom kan die ketters, draadsitters en agnostici maar onder mekaar kletter soos hulle in hulle insigloosheid wil - aan die fenomenale Waarheid en werklikheid van die HERE Jesus Christus, teenswoordig en vir ewig, en die Krag van Hom in Sy dienaars kan hulle eenvoudig geen skade berokken nie - hulle skop werklik teen die prikkels.
Kobus de Klerk
Kobus de Klerk, onthou net; jy's die een wat Satan dien en so gedurig 'n kloof tussen mense se harte te probeer bewerk en hul siele te moor... jy doen dit onder andere met jou eentonige en korrupte menings op die werf... dis jy wat LIEG en bedrieg Kobus de Klerk - geen eerlike ongelowige wat hul hul standpunt waag is so boos soos 'n sogenaamde "begaafde om uit te leg" soos jy nie Kobus de Klerk... Mag Jesus Chriostus onse HERE, ons almal vergewe... jou amigo in Adam, Cornelius
Hello Kobus,
Wouter,
Ja, dankie,maar die punt wat ek eintlik maak, is dit - dit is duidelik vir almal, selfs die akademici wat aan die program deelneem, watter fenomenale invloed Paulus se geseënde en Godgeïnspireerde bediening het, ten spyte van bespiegelinge oor die tyd en plek van Paulus se sendbriewe - en dan is daar ook nog die probleem met die logistiek van hoe die briewe so vinnig in min of meer dieselfde tydperk, in detail aan al die ander skrywers se kennis sou gekom het, wat baie onwaarskynlik en selfs haas onmoontlik sou wees.
Die probleem met sommige kommentators is dat hulle so maklik uit die oog verloor dat kommunikasie oor afstand en wye geografiese gebiede destyds, ongeveer 2000 gelede, werklik baie moleilik en selfs onmoontlik was. Dit is die punt - al die evangelies en die sendbriewe is min of meer dieselfde tydperk geskrywe, wat dit onmoontlik maak vir die fisiese briewe om die ronde betyds by almal te kon doen. Die ooglopende en logiese verklaring, wat ook in die Woord bevestig word (Johannes 14:26).
My opmerking hierbo is dus nie om die korrektheid van die betrokke akademici se interpretasies oor die verband tussen judaisme en Christendom, ens. te bevestig nie, maar om uit te wys dat selfs semi-sekuliere akademici diep geraak word deur die globale invloed van 'n, soos hulle dit sien, enkel mens se bediening - ek het net die rede vir daardie fenomenale fenomeen weergee.
Ek en jy het nou al in die verlede gesels oor die herkoms van die Christendom en die verband of nie met die judaisme (geen verband) omdat die judaisme juis die religie is wat van die oorspronklike Godsdiens afgewyk het en die Christendom is die terugkeer na die oorspronklike Godsdiens met die advent van die HERE Jesus Christus - dieselfde God van alle tye en dus ook van die oorspronklike Godsdiens - in en deur Wie die oorspronklike waardes teruggekeer is en die judaisme wat daarvan afgewyk het en wat tot die straf van die volk en die verstrooiing gelei het. Jy kan dus na die Christelike Godsdiens dink as die spreekwoordelike verlore Seun van die Godsdiens wat teruggekeer het na die Vaderhuis toe.
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Hallo Wouter,
Alles wel met my, dankie, maar ek sal darem regtig nie sê ek is veglustig nie... eerder maar dat daar heelwat hier gesê word waarop ek behoort te weergee wat ek te wete gekom het.
Ek dink daar is so effens verwarring tussen die Ou Testamentiese suiwer Joodse Godsdiens en die judaisme, wat 'n afvallige verskyningsvorm van daardie oorspronklike Ou Testamentiese Godsdiens is, en wat aanleiding gegee het tot die feit dat God hom van hulle onderskei het.
Ek dink jy moet miskien die saak wat ek weergee, so probeer insien - die kruks van die judaisme is dat hulle die Messias nog verwag, en die werklike, reeds gekome Messias, die HERE Jesus Christus, verwerp. Dit is in essensie die verskil tussen die judaisme soos dit sedert die verstrooiing tot en met die koms van die HERE Jesus Christus ontwikkel het die voortsetting van die ware, gesuiwerde Godsdiens, soos deur die Christendom daargestel.
Ons kan en wil nie die Joodse betrokkenheid in die ontwikkeling van die Godsdienssuiwering, soos dit in die Christendom gestalte verkry het, ontken of wegpraat nie, want dit is waar die suiwering ontstaan het - juis by die uitverkore volksgenote - die Jode. Baie Jode het tot bekering gekom en die judaisme vaarwel toegeroep. Die eerste en mees 'invloedrykste' bekeerlinge was juis Jode. Die klompie wat oorgely het uiteindelik, is maar 'n relatief klein groepie wat vandag nog as Judaiste bekend staan, vergeleke met die massiewe Christendom - ook onder Jode.
Die Jode wat destyds tot bekering gekom het, het dus steeds die ware Ou Testamentiese Godsdiens erken en beoefen, maar hulle het die koms van die Nuwe Testament, die ware Messias, ook herken en erken en mettertyd van die lewelose, Geeslose vorm-religie (dit is juis die rede waarom jy as agnostikus daarby aanklank vind) wat met judaisme vereenselwig word, afgeskud ter wille van die werklike ervaring en verhouding met die God Wie deur hulle aanbid word en Wie in die Woord en in die vlees juis Mens geword het om die noodsaaklike suiwering te bewerkstellig - die Nuwe Testament wat net eintlik 'n volvoering en volbrenging van die Abrahamiese Ou Testament is, omdat God juis in die Ou Testamentiese verbond beloof het dat Hy die volk sal red - en dit is presies wat die Nuwe Testament deur die HERE Jesus Christus kom volbring het - soos die HERE Jesus Christus juis aan die kruis gesê en dit so bevestig, het (Lukas 12:49-53 g.m. Johannes 19:30).
Juis hierdie voleinding - die perfekta van die ware Joodse Godsdiens, word deur die judaisme ontken en daarom is die judaisme die afwyking, die verwerping van die ware Godsdiens wat by Adam begin het en deur Noag voortgesit is en waardeur die Joodse volk, die afstammelinge van Jakob (Israel) en Izak, deur God as volk uitverkies is om die ware Godsdienstige nalatenskap voort te sit as voorbeeld vir alle ander volke en wat uiteindelik vervolmaak is in die koms van die Woord van God es die Seun, die Mens, om daardie proses te vervolmaak. Dit is dus hier so onlangs as ongeveer die jare voor 400 v.C. wat die judaisme sy kop uitgesteek het, veral in die verstrooiing, en afwykings getoon het met 'n lewelose vorm religie wat hulle van God vervreem het en waaraan die naam 'judaisme' toegeken, is. Judaisme is dus nie afsplintering van die ware, universele Godsdiens wat by die einste Jode begin het, maar uitgebrei het na alle ander nasies, naamlik die ware Christendom waar die Messias herken en erken word vir Wie Hy werklik is.
Groete,
Kobus de Klerk
Hello Kobus,
Jy ken jou mos self darem beter as dit. Jy weet mos jy gaan vir baie rondtes, het julle nie 144 gehaal met die mane van Jupiter nie? Die opmerking besef jy sekerlik is tong in kies.
Ek het jou antwoord gelees en dit is logies uiteengesit, 'n perfekte stuk teologie en het ek begrip daarvoor en verstaan dit in daardie konteks.
Dit is verstommend hoe redelik dit klink en dit moet die leser wat dit lees ook na oplet want dit is werd om in eie reg ondersoek te word.
Dit klink amper as vanselfsprekend.
Dalk bewys dit hoe diep Christen denke die Westerse denke gevorm het en hoe die oormag van daardie denke doodeenvoudig aanvaar word.
My 'Anti-Judaïsme' het van die aspekte daarvan ondersoek.
Ons beide weet dat daar nie ooreenstemming bereik gaan word wat die argument aangaan nie, ten spyte van die feit dat ek die logika van jou uiteensetting duidelik kan sien.
Die argumente teen dit is redelik bekend en glo ek jy is bekend daarmee ook.
Ek kan weer aanvoer dat jou vertelling 'slegs' 'n teologiese verduideliking is en dan in kontras staan tot wat as die algemeen aanvaarde historiese verloop beskou word, maar net soos teologie dan deur jou en ander as geskiedenis ook aanvaar word.
Dit is werklik nie duidelik hoe die onversoenbare dan ondersoek kan word nie.
Maar ek neem kennis van wat jy geskryf het en die verstaan van jou denke wat dit bied.
Baie dankie
Wouter
Wouter,
Jy sê "Dalk bewys dit hoe diep Christen denke die Westerse denke gevorm het en hoe die oormag van daardie denke doodeenvoudig aanvaar word".
Ek kan vir jou verseker dat niks 'doodeenvoudig aanvaar' word deur enige ware gelowige nie. Ware gelowiges is ware gelowiges omdat hulle eerstens glo, maar dan op die geloofspad voorgaan om te sien waarheen dit lei. As daar niks was nie, met ander woorde, as die geloof in 'n spirituele vakuum beoefen was, sou daar niks van kom nie - maar inteendeel, daar is die Alles, die God van die geloof en ware Godsdiens, Wie positief daar Is om die geloofsverwagting te volbring op maniere waarop die gelowige dit inderdaad ervaar, maar self nooit sou kon sit en uitdink en beplan nie, vir die eenvoudige rede dat die werklike Godservaring alle verwagtinge te bowe gaan op 'n konsekwente basis.
Die uiteinde is, opgesom, soos jy dit dan ook self uitdruk in jou verkwikkend eerlike erkenning, naamlik dat dit 'is logies [uiteengesit], 'n perfekte stuk teologie en dit is verstommend hoe redelik dit klink - dit klink [amper] as vanselfsprekend'. Jou kwalifiserende, woorde wat ek in vierkantige hakies gesit het, kan jy gerus maar weglaat en ophou om teen die prikkels te probeer skop.
Dit is nie my eie breinvrug nie, maar die Waarheid soos aan my geopenbaar deur die einste Enige ware God, wat ek bloot die voorreg het om te weergee. Dit is logies, perfekte (ware) teologie en vanselfsprekend en redelik bloot omdat dit die Waarheid is.
Ek bemerk ook elders dat jy meen dat my 'teologie' net my eie is... maar ware gelowiges is dit eens met my omdat dit wat ek oor sake Gods getuig, nie uit myself is nie, maar van God. Ek wil jou egter verseker dat, as dit van my self afgehang het om my eie 'teologie' saam te flans, te versin, soos sommige mense wel doen, sou dit 'n deurmekaarspul wees sonder enige meriete soos ons wel sien met mense wat sulke dinge doen. Maar helaas, ek het God ontmoet en God is die Waarheid en God maak sin en is inderdaad perfek logies, perfekte Teoloog en .baie vanselfsprekend God. Die Waarheid van God is nie vir my of enige ander persoon om te sit en uitredeneer nie - God is te Groot en God openbaar die dinge aan ons wat ons self nie in saat is om baas te raak nie - vandaar die ware gelowige se insig en kennis in sake Gods.
Ek sien, byvoorbeeld, hoe Duitswester vir iemand probeer verduidelik dat hy glo omdat hy studeer - nie omdat hy God ervaar en ken nie, let wel, maar omdat hy studeer. Die apostels, ironies soos dit is, vir wie hy skynbaar soveel agting het, het juis glad nie gestudeer nie - hulle het die HERE ervaar, want hulle het geglo nog voor hulle Hom gevolg het sonder enige studie hoegenaamd. Paulus het gestudeer (toe hy nog Saulus was) en die resultaat is dat hy en ander wat saam met hom gestudeer het, die HERE gehaat het en Sy dienaars tot die dood toe vervolg het - dit het hulle van hulle studie. As ek sien die nydigheid en hatigheid waarmee Duitswester my as ware gelowige bejeën, is dit half duidelik dat hy graag dieselfde sou wou doen... maar die oomblik toe Paulus die HERE ontmoet, die het sy oë letterlike en figuurlik oopgegaan en hy het die Waarheid vir die eerste maal in sy lewe teëgekom - iets wat die beste teologiese skool van die tyd - die van Gamaliël - glad nie kon vermag nie. Van daardie oomblik af het Paulus besef dat sy studies hom van die HERE Jesus Christus as verwyder ne vervreem het - nes dit blykbaar besig is om te gebeur met mense soos Duitswester gesien die dinge wat hy hier op die forum kwytraak en die liefdeloosheid waarmee hy dit doen.
Dus:
Die 'algemeen aanvaarde' - 'n betwisbare, onbewysbare stelling wat waarskynlik slegs in sekulêre en agnostiese kringe sal geld - geskiedenis en spekulasie omtrent die ontstaan van die Christelike Godsdiens, is maar die produk van mense wat nie self gelowiges is nie en sukkel om sake vir hulleself uit te redeneer, want hulle werskaf met geskiedkunde data wat hulle selektief aanvaar en verwerp om hulle model te pas - nes maar met ander modelle wat hulle in die plek van die werklikheid probeer stel (soos byvoorbeeld die darwinistiese evolusieleer en die standaard oerknal teorie) sodat hulle dit kan verstaan. Maar die Waarheid weerspreek dit - die Waarheid is veel ouer as die mensdom. Die Waarheid is ewig...
Kobus de Klerk.
Hello Kobus
Hello Wouter
Kan jy vir my die titel en outeur gee van die boek wat jy lees. 5700 jaar se geskiednis klink vir my baie optimisties.
Chris
Hello Chris
Wouter, dankie vir jou antwoord. Ek het nog nie iets gelees van Neusner nie, maar wel ander boeke waar daar baie positief verwys word na sy werk.
Chris
Baie dankie Chris.
Ek soek na die kerkformulier vir die vyfvoudige bediening.