Paul Emsley, wat in die afgelope dekade internasionale erkening vir sy werk verwerf het en die invloedryke BP Portrait Award van die National Portrait Gallery in Londen gewen het waarop ’n belangrik opdragwerk gevolg het, is vanjaar die Woordfees -kunstenaar. Hy het spesiaal van Londen gekom om die opening van sy retrospektiewe uitstalling vanaand (Vrydag 2 Maart) in die Sasol Kunsmuseum op Stellenbosch by te woon. Hy doen ook ’n rondleiding van sy werk op Woensdag 7 Maart om 17h30.
Amanda Botha, die kurator van die uitstalling – haar tiende en laaste vir die Woordfees – het aantekeninge gemaak rondom haar werksperiode met Emsley die afgelope jaar. Ons het deurgaans in Afrikaans gekorrespondeer, maar sy gedagtes oor kunstenaarskap was in Engels.
Emsley oor sy loopbaan en sy kunstenaarskap
“My career began with eight years in design and illustration, which left me frustrated and filled with pent-up energy. Once freed from this, I embarked upon a few years of frenetic and heady experimentation. I explored expressionism, mark-making, abstraction, gesture, colour, chance, temperature, political and social investigation. I drew upon many sources which were fresh to me, such as African art, Picasso, Matisse, Battis and many more. I found a language which seemed to be my own and which was well received in contemporary art circles.
“And yet I lacked complete faith in the work I was doing. It seemed too far from the centre of who I was. I think I suspected that this was perhaps not my true voice. With time I have come to know myself more clearly. I am both conventional and creative. I am fastidious by nature and yet sometimes reckless. I prefer order to disorder, yet I dislike fixed ideas and orthodoxies of any kind. I have a deep regard for technical skills and though I respect academic theory, it is not particularly helpful in the studio. I have little faith in passing trends and I place greater value on things that have been sifted by time.
“I began to draw closely from nature. I made small, careful drawings of trees, stones, shells, spiders, clouds and so on. I found that through a careful study of tone it was possible to draw most things convincingly. I discovered that light, shadow and reflected light underpin and describe every form. I consider that this has been an underlying principle of Western art for hundreds of years and has only recently been abandoned. Given the nature of the human eye it helps to make the universe intelligible to us.
“I found little serious response to what I was doing. Over and over again I was encouraged to 'loosen up'. It was among a more conservative audience that I found an echo that surprised me. At the same time I became increasingly aware that I was unable to reconcile being both a practising artist and an academic. So for a time I made some work which today I am not particularly proud of. On the other hand it enabled me to attain sufficient financial freedom to leave teaching.
“I also began making chalk drawings from life. My technique evolved without forethought. I became fascinated by the grainy texture that resulted from smudging. It felt right, almost like electricity. It perfectly suited the fine tonal gradations which I saw in the way in which light and shade moved over the forms I was drawing. Over time I have refined it, using my fingers, a 'stump' or 'blender', which is an old academic drawing tool which I inherited from my father together with various chalks and pencils. The choice of paper is important and can affect the look of the drawing. I currently use Somerset Tub-sized Hot-Pressed Satin 410 gsm paper. I stretch it to provide stability.
“When I was teaching drawing at Stellenbosch University I concluded that when drawing from observation there were roughly two visual types, perceptual and idiosyncratic. Both are valid visual intelligences. Most people fall clearly into one group or the other. Some are situated between the two, but with a definite emphasis either way. Some people observe correctly when drawing and others are awkward. If pursued with determination and perseverance, both can make beautiful and interesting work. I am largely a perceptual type. I can also be idiosyncratic, but I am not sure I can sustain this over decades. It is important for an artist to find your own voice and it can be helpful if you can identify to which group you belong.
“Sometimes, as I get further along with my technique, I have the sense that it might be something entirely my own. The persistent development of technical skill brings one to a place inaccessible by any other route. I was recently looking at a wonderful drawing by Niki Daly, an old friend and colleague from art school days. He is by nature more 'loose' than me. His work has always been wonderful, but he now draws with a divine fluency which has taken a lifetime to arrive at.
“Although I love colour and find it exciting I have chosen to work mainly in black and white or monochrome. I find the world more interesting at dawn or dusk when the structure of all forms seems more clearly defined and colour is at its lowest. Drawing is at its most stringent in monochrome and this seems appropriate.
“My subject matter is simple: the way in which light and shadow falls across forms. It can be a cloud, a rhinoceros or a vase of flowers. For me the mystery is in the sheer existence of the forms. I am not interested in their place in culture. I have difficulty with the notion that art must be challenging. Obviously it is so for many people, and I sometimes feel that perhaps I am missing something. I am challenged and shocked by what I see in the news, but never by art. My most powerful experiences in art have been transporting rather than transgressive. Something has been added to my imagination that was not there before. I have noticed that many of the works that have done this have been technically sublime and with a coherent vision of form.
“For the past few years I have been drawing animals, human faces, landscapes and flowers. All of these are fascinating forms to explore, but at present I am concentrating almost exclusively on flowers. They are such complex and difficult forms that they offer the greatest prospect of further development. They have obvious art-historical references. The other side of my personality seems reluctant to remain silent. Consequently I am beginning to make compositional drawings again which take up the unfinished business of the earlier work. Uncertain Landing in this exhibition is one of them. Light and shade again fall across figures taken from one context and composed anew to take on different meanings. Arbitrary gestures find a new function. The overall subject is displacement in our age of migration.”
![]() |
![]() |
Waarom op Emsley besluit is
Tussen 1983 en 1995 was Emsley dosent aan die Departement van Visuele Kunste op Stellenbosch. Hy was deel van die skoling van ’n belangrike nuwe geslag kunstenaars wat vandag ’n impak op die Suid-Afrikaanse kunstoneel het. Onder hulle tel – om enkeles te noem - Johann Louw, Clare Menck, Bridget Baker, Peet Pienaar, Claudette Schreuders, Anton Kannemeyer en Conrad Botes. Sy eie ontwikkeling as kunstenaar kan ook met die periode verbind word. Sy eerste – en laaste – groot solotentonstelling was in die Sasol Kunsmuseum in 1993 – twee jaar voordat hy na Engeland verhuis het om voltyds kunstenaar te wees. Binne ’n dekade het hy ’n gerekende invloed op die internasionale kunstoneel geword, waar hy nou gereelde solotentoonstellings in die VSA, Brittanje, Europa en in die Ooste aanbied.
Nooit het hy sy bande met Suid-Afrika verbreek nie en besoek baie gereeld die land en maak ook hier via Brundyn+ Gonsalves Galery sy werk beskikbaar aan plaaslike versamelaars. Ek eer hom ook as ’n belangrike invloed op die kunstenaarskap van Adriaan van Zyl (1957-2006).
Met die beplanning van die uitstalling het ons ooreengekom dat dit ’n retrospektiewe tentoonstelling sal wees waarin die vyf duidelike periodes in sy werk belig sal word. Terwyl hy op Stellenbosch was, het hy totaal anders geskilder as vandag. Daar was ’n eksperimentele en ’n landskap-periode en hy het meestal met verf gewerk. Deesdae is dit tekenwerk op papier en is sy fokus teksture en die spel van lig en skadu daarop. Portretkuns en studies van diere en blomme, wat ook as portrette gelees kan word, is waarmee hy die afgelope dekade internasionaal deurgebreek het. Ons sal van sy belangrikste werk uit die Londense periode wys en het verlof om die sonderlinge portretstudie van Nelson Mandela te vertoon.
Hy woon in Bradford-upon-Avon in Wiltshire, waar hy voltyds werk. In die eerste klompie jare in Londen was dit om ’n deurbraak te kon maak wat hom op die voorgrond sou stoot. Hierdie geleentheid het hy gekry toe hy in 2007 die gesogte BP Portrettoekenning ontvang het wat hom ’n eksklusiewe opdrag gegee het om ’n beroemde persoon te skilder wie se portretstudie in die Britse Nasionale Portretgalery opgeneem sou word. Hy het die Nobelpryswenner VS Naipaull geteken. Emsley het dit herhaaldelik duidelik gestel dat dit vir hom ’n eer is om deel van die Woordfees te wees. Sy entoesiasme en samewerking tot op datum is soos ’n droom.
Vorige Woordfees-kunsaanbiedinge
Om kurator te kon wees vir tien Woordfees-uitstallings is vir my ’n voorreg wat begin het met ’n uitnodiging van die direkteur, Dorothea van Zyl, om in 2002 die werk van Sheila Cussons te wys. Daarna het gevolg: Marjorie Wallace (2003); ’n groepsuitstalling, Landskappe in Transito (2005), wat die portrettering van landskappe in die struggle-periode ondersoek het; Irma Stern en Stellenbosch, ’n uitstalling om die nalatenskap van Anton Rupert en Huberte Rupert te gedenk (2006); Deur die lens, die werk van drie fotograwe – Jac de Villiers, Lien Botha en Angèle Etoundi Essamba (2007); Hardy Botha (2008); Willie Bester (2009); Andries Botha (2010); en Walter Meyer (2011). Met die eenpersoonuitstallings het ons probeer fokus op die ontwikkeling van die kunstenaar om ’n oorsigtelike beeld van sy of haar loopbaan aan te bied.
Agtergrond
Emsley is in 1947 in Glasgow, Skotland, gebore, maar het in Suid-Afrika grootgeword en beskou homself steeds as ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Hy is opgelei as grafiese kunstenaar by die Kaapstadse Tegniese Kollege. Vir die eerste ses jaar van sy loopbaan (1970–1976) werk hy in die advertensiebedryf, eers as ontwerper en ook as kreatiewe direkteur by BBDO International in Kaapstad. In 1976 begin hy met teken- en skilderwerk en lei homself op deur eksperimentering in verskillendegenres. In 1977 werk hy vir etlike maande as ’n vryskut-ontwerper in Londen. Tussen 1977 en 1979 gee hy klas in ontwerp aan die Kaapstadse Tegniese Kollege en daarna aan die Ruth Prowse Kunsskool in Woodstock. Vir twaalf jaar vanaf 1983 tot 1995 is hy dosent in teken- en skilderwerk aan die Departement Visuele Kunste aan die Universiteit Stellenbosch. In 1996 verhuis hy na Londen om hom voltyds aan sy kuns te wy.
Solo- en groepuitstallings
Reeds voor sy debuut-solo-uitstalling in 1981 by Universiteit Stellenbosch het hy deelgeneem aan ’n groepuitstalling van Suid-Afrikaanse werk wat in die VSA en Brasilië gereis het. Sy werk is ook op die eerste Kaapstadse Biënniale in 1979 gewys. Tussen 1978 en 2011 neem hy jaarliks aan verskeie groeptentoonstellings wêreldwyd deel. Sy werk word op verskeie “art fairs” gewys, soos Glasgow, Chicago, Londen en Johannesburg. Sy laaste solo-uitstalling in Suid-Afrika was in 1983 in die Sasol Kunsmuseum, Stellenbosch, en hy debuteer reeds in 1993 as solokunstenaar by die gerekende The Redfern Gallery in Londen, waar hy steeds deel van die galery se gekose kunstenaars is. In 1996 bied hy sy eerste solo-uitstalling in New York aan. Sy laaste uitstalling in Londen was verlede jaar.
Toekennings
Tussen 1987 en 2008 het Paul gereeld aan kunskompetisies deelgeneem. In Suid-Afrika het hy in 1987 ’n meriete-toekenning by die Standard Bank Nasionale Tekeningkompetisie gewen. Sedert 2000 het hy verskeie toekennings in Britse kompetisies gewen, waarvan die belangrikste die eerste prys in die BP Portrait Award van die National Gallery in Londen in 2007 was.
Ondersteun die Kunsfees by die US Woordfees
Feeskunstenaar Paul Emsley
Woordfeeskurator: Amanda Botha. Opgedra aan die nagedagtenis van die kunstenaar Adriaan van Zyl (1957-2006). In samewerking met die Nelson Mandela Stigting; Brundyn Gonsalves Kunsgalery, Kaapstad, en die direkteure van die Bright Stigting: Frank Kidbourn en Attie Taljaard .
Hierdie retrospektiewe tentoonstelling van die internasionaal bekende Paul Emsley (1947-) bied ’n oorsig oor vyf uiteenlopende periodes. Emsley, wat sy deurbraak in 1993 op Stellenbosch gemaak het met ’n solo-uitstalling in die Sasol Kunsmuseum, se Stellenbosse periodes word o.m. gekenmerk deur aandag aan die eksperimentele, en later landskappe, met verf as voorkeurmedium. Hy is egter veral bekend vir sy buitengewoon gedetailleerde swart-en-wit tekeninge van mense, diere, blomme en die landskap, soos sy groot portrette van wêreldbekende figure – o.a. van Nelson Mandela en V.S. Naipaul, in opdrag van die National Portrait Gallery in Londen. Emsley se tegniek, gebaseer op waarneming, word vergestalt in beelde wat nooit foto-realisme word nie, maar eerder ’n besondere individuele blik op die wêreld bied, met spesifieke aandag aan die val van lig en verloop van tyd. Van Emsley, nou ’n Londenaar, se belangrikste werk uit sy Londense periode word uitgestal. Die portretstudie van Nelson Mandela word vertoon met verlof van die Nelson Mandela Stigting.
Sasol Kunsmuseum: Opening 2 Maart 18:30 vir 19:00. Spreker: Frank Kidbourn, kunsversamelaar en direkteur van die Bright Stigting. Uitstalling: 2 – 31 Maart
Keer terug na die program–indeksblad.