Pastiche speel Jazz … vir jou!

  • 0

Die groep is in 2011 gestig deur plaaslike sielkundige en musikant, Dr Anthony Costandius.  Ander lede is Zinzi Johannes (stem & kitaar), Jason Barry (stem),  Mo Mohamed (alto saksofoon), Elizna Vermeulen (alto saksofoon), Ben La Grange (tenoor saksofoon), Zanelle Kroukamp (trompet), Loekie La Grange (trompet), Francois La Grange (Tromboon), Anthony Costandius (klawers), Frans Bresler Slabber (kontrabas) and Gemayel Kroukamp (tromme).

 Die groep speel ’n opwindende vermenging van “swing”, “latin”, “funk” en “blues”.  Die program sluit in werke soosJorduWalk on byBlack Magic WomanSeptember,Don’t get around much anymoreSo Nice (Summer Samba),Evil Gal Blues en In a sentimental mood.  Beide Anthony en Gemayel het ook werke spesiaal vir die groep gekomponeer.


Die orkes: 

Zinzi Johannes stam uit ’n baie musikale familie en sing reeds sedert die ouderdom van 16 in gospelgroepe. Jason Barry, haar medesanger, werk as industriële ontwerper.  Ook hy word groot in ’n musikale familie en vind homself uiteindelik tuis binne die invloede van Rock en Punk.

 Mo Mohamed is tans ’n Ph D student aan UCT en het baie bigband ervaring. Elizna Vermeulen voltooi haar graad en Drama en werk voltyds in die vermaaklikheidsbedryf.  Sy het haar eie produksiemaatskappy, JaneeKyk Produksies. Ben la Grange is ’n multi-instrumentalis asook liedjieskrywer en voltydse ingenieurstudent. 

Trompetspesialis, Zanelle Kroukamp is ook ’n musiekonderwyser.  Tweede trompet, Loekie la Grange, is beide ’n Engelsonderwyser en gerespekteerde koorsanger.  Francois La Grange, Tromboon, is ’n argitekjtuurstudent en talentvolle kooranger. 

Die ritmeseksie bestaan uit Anthony Costandius (klawers).  Hy is ’n sielkundige, liedjieskrywer, komponis en verwerker.  Frans Bresler Slabber (kontrabas) – werk in IT en boer met bye.  Tromspeler, Gemayel Kroukamp, speel verskeie instrumente, komponeer en gee musiekles.  Hy werk ook as IT spesialis.

Klankingenieur, Gavin Cannone, is die eienaar van “It’s Music” musiekwinkel en klankateljee.

Linker kolom (van bo na onder): Gemayel Kroukamp, Zanelle Kroukamp, Jason Barry, Zinzi Johannes

Middel kolom (van bo na onder): Frans Bresler Slabber, Loekie la Grange, Anthony Costandius, Elizna Vermeulen

Regter kolom (van bo na onder): Mo Mohamed, Ben la Grange, Francois la Grange, Gavin Cannone  

            

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top