Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam.
In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die geleentheidsuitstalling Anselm Kiefer – Sag mir wo die Blumen sind* by die Stedelijk Museum.
* Die uitstalling Anselm Kiefer – Sag mir wo die Blumen sind word tussen twee museums – Stedelijk Museum en Van Gogh Museum – verdeel. Hierdie uitstalling duur tot 9 Junie 2025.
- Lees meer hier: Stedelijk.nl en Vangoghmuseum.nl.
Kyk ook:


Kommentaar
'n Aangrypende en emosievolle uitstalling deur Anselm Kiefer - dankie vir die deel Johan. Heel aangenaam om jou wêreld mee te maak, omring met kultuur en kuns.