Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam.
In die volgende video in hierdie weeklikse reeks besoek hy die oudste perdeskool in Nederland. De Hollandsche Manege is in die hartjie van Amsterdam geleë.
- YouTube-skakel na onderstaande video: https://youtu.be/Ele6kE1X8Jw


Kommentaar
Lekker gewees om dit weer te sien nadat ek jare gelede daarop afgekom het. Die woord was ook vir my 'n ware pareltje.
Netjies, skoon, goed versorg – pragtige stal met die mooi teëls teen die muur, die besonderse hekke en afskortings. Die detail is pragtig – selfs die balkon in die arena is besonders. Dankie, Johan.