"Paranoia in die Hemelse platteland" deur AJ van Niekerk

  • 0

Paranoia in die Hemelse platteland

Die bure hou my dop
soos valke bo my kop
konstant moet ek my oog gooi oor my skouer

Die bure verstik aan hul dop
KAN IEMAND DIE VERDOMDE KIND STOP
Gaan verdrink maar jou afvallige ouer

DIS PARANOIA
IN DIE HEMELSE PLATTELAND  
DIS PARANOIA
NIEMAND IS AAN JOU KANT

Dis finaal, ek’s moeg om jou gat te soen
Ek wil net iets anders doen
Vat my weg van die chaos

EK wil ’n kombi my huis noem
Ek’s net op soek na ’n bietjie roem
Vat my weg na ’n plek waar ons kan kuier en raas

Want die huigelaars wil my ophang
terwyl hul Die Stem sing

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top