Panda se glasie rooiwyn ...

  • 4

... laat hom in die steek.

Ruimte (afstand) en tyd, in die konteks waarin hy dit gebruik, is een en dieselfde ding.

Onlangs het Nasa bekend gemaak dat die tot dusver verste waarneembare sterrestelsel op 'n afstand van 13,5k miljoen ligjaar ontdek is, en dat dit is soos wat die heelal 13.5k miljoen jaar gelede daaruit gesien het, 500 miljoen jaar na die Groot Knal.

Raed-na-Gael

  • 4

Kommentaar

  • Ag hel – wragtig nog een wat sukkel! Die aanhaling van jou oor die kommentaar van NASA is niks mee verkeerd nie want as jy dit korrek aangehaal het, word daar uitdruklik gesê op ’n afstand van 13,5 duisend miljoen ligjaar en waaruit toe ’n geldige afleiding gemaak is. Lees nou weer mooi stadig dan sal jy sien waar hulle na die afstand verwys hulle die term ligjaar gebruik en waar hulle die afleiding oor hoe lank gelede die spesifieke sterrestelsel gelyk het soos op die foto, hulle die term jaar gebruik. Nou het jy nie gewonder waarom hulle twee verskillende terme gebruik nie? –  ligjaar vir afstand en jaar vir tyd. NASA het opgeleide wetenskaplikes en daarom is hulle terminologie in die kol.
    En hou maar die rooiwyn in die bottel wanneer jy skryf. Jy kan mos sien die goed affekteer jou.
    Panda

  • Ag, ou Raed-na-gael, jy het die klok hoor lui en weet nie waar die klepel hang nie. Ruimte en tyd is beslis nie dieselfde "ding" nie. Taal mors nie deur twee woorde gebruik vir presiese sinonieme nie. Miskien het jy vaagweg gehoor van tydruimte, maar hoe moet ek jou dit verduidelik as jy dink tyd en ruimte is dieselfde "ding"?

  • Raed-na-Gael – Ag asseblief tog? As ek dan vir jou sê die lug is blou dan kan jy vir my sê, nee ek is verkeerd want die lug is blou?
    En as ek NASA se korrekte gebruik van die terme ‘ligjaar’ en ‘jaar’ in die aanhaling wat jy voorgehou het, onder jou aandag bring én hulle nogal daarvoor komplementeer, dan kom sê jy vir my, nee ek is verkeerd want NASA is reg. Wat se soort logika is dit?
    Ek gaan nie kommentaar probeer lewer op jou betwisbare stelling dat ruimte en tyd dieselfde ding is nie, want dit is nie my gebiedsveld nie en Brianvds, Angus en Thomas en seker nog ’n klomp ander, sal dit baie beter kan doen. Maar al sou jy reg wees kan ek glad nie insien hoe dit enige verband kan hê met die terminologie vir ’n afstand waarna  as ’n ‘ligjaar’ verwys word en ’n periode wat ’n ‘jaar’ genoem word nie en dat ’n cliché soos ’ligjare gelede’ nie bestaansreg het nie.  
    Ek het nietemin so vinnig gaan nalees en as ek dit baie kort kan opsom  dan lyk dit vir my of tyd ’n dimensie is waarin gebeure georden kan word vanaf die verlede deur die huidige tot in die toekoms en die tydsverloop tussen gebeure met ’n horlosie gemeet kan word in bv. breuke van sekondes, minute, ure, dae en jare maar definitief nie ligjare nie, want ‘ligjaar’ is ’n term vir ’n eenheid van afstand.
    Daarteenoor  is ruimte ’n ingewikkelder term waaroor ek liewers my bek moet hou maar rofweg sou omskryf as ’n driedimensionele spasie wat in kubieke eenhede gemeet word en nie met ’n horlosie nie ...
    Bly liewers by goed soos jou bye-storie. Dit was uitstekend en dankie daarvoor.
    Panda

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top