Ek weet nie so mooi van die toename van die Islam nie … Dit is so dat die Islam waarskynlik sal toeneem in sekere geïsoleerde gebiede, maar die Christendom sal steeds oral toeneem. Daardie punt van jou kom dus tot niks. Die enigste manier hoe die Islam noemenswaardig elders sal toeneem, is as julle agnostici en die klomp Boeddhiste besluit om die Islam aan te neem. As jy behoorlik oplet, sal jy sien dat die Christendom gróót kepe begin sny in tradisionele Islam-gebiede – Afrika en natuurlik Suidoos-Asië. Christendom is ook besig om met rasse skrede te groei in Sjina, met sy biljoene mense – en dit gebeur hoofsaaklik alreeds in die meer gesofistikeerde ooste en noordooste van die land, waar groot industrialisasie en verstedeliking plaasvind, met geweldig mense konsentrasie in die groter stedelike gebiede. Fantastiese teelaarde vir effektiewe en spoedige evangelisasie. Dit is maar so onlangs soos 1970 dat die algehele verbod op Godsdiens in Sjina opgehef is. Maar baie mense vertrou nog glad nie die owerhede nie, omdat dié verplig agnosties moet wees – en so onlangs soos 1989 het die Tiananmen Plein fiasko nog die ware kleure weerspieël – daarom is die ware getal gelowiges daar en elders sekerlik véél meer is die amptelike getalle. Insiggewend – onder die kommunisme (kyk die onlangse Oos-Europese, Asiatiese (Noord Korea), Kubaanse en Sowjet Unie geskiedenis) is dit ’n vereiste dat mense, veral regeringslui, ateïsties agnosties moet wees – sodat hulle nie vir hulleself kan dink nie, maar soos marionette kan funksioneer. Overgesetsynde – Godsdiens bring vernuwing en persoonlike geroei in álle opsigte – daarom dat dit verbied word deur ateïste (wanneer hulle in magsposisies kom).
Dit baat jou nie om die Christendom te wil dissekteer nie – jy verstaan die dinamika daarvan nie en bepaald ook nie my skrywes daaromtrent nie. Dit is ’n massiewe globale familie van gelowiges en soos dit maar is met enige snelgroeiende familie, is daar probleem ouers (die Katolieke top hiërargie, ens) én probleem kinders (lou, selfs halsstarrige, gelowiges) in dié groot familie. Niemand sal dit ontken nie, maar dit maak van hulle nie agnostici nie. Soos in enige familie, sal daar deur diegene wie op koers is, rigting gegee word aan die ander wat nog op koers moet kom, ander wat op koers gehou moet word. Laat dit staan, jy wis daar niks van nie.
Wat die agnostiese bewegings aanbetref, is daar talle. Dat hulle klein en gefragmenteer is en meer dikwels as nie, nie eens uit een mond praat nie, is ook so. Kyk maar na die Military Association of Atheists & Freethinkers; Friends of Richard Dawkins Association; American Atheists Civil Rights Organization; Atheist Alliance International; Sceptic South Africa ens, ens. Ek vind dit vreemd dat ek jou oor jou eie agnostiese milieu moet opvoed …
En soos dit nou al by geleentheid gebeur het, is jou geïnhibeerde breinkrag nie voldoende om saam met my oor rekenkundige filosofie te gesels nie – jy kan nie insien dat as mens eenvoudig twee van iets het en jy vermenigvuldig dit met niks (2x0=2), dit steeds net twee kan bly nie. Jy kan ook nie die verskil daarvan insien, met die omgekeerde nie – as jy niks het nie en dit met twee probeer vermenigvuldig, dit steeds niks sal bly, nie (0x2=0). Hoe op aarde sal jy kan verstaan wat ek en andere skrywe oor die kompleksiteit van Godsdiens in die hedendaagse internasionale samelewing?
Jy hou jou te veel met jou onbewysbare astronomiese fabels besig. Jy is daardeur só verwyderd van die werklikheid, dat jy die gewone realiteite wat biljoene gelowiges as soetkoek opeet, gewoon net nie kan begryp nie.
God is áltyd die Wenner. Diegene wat nog verward is oor die ware Godsdiens, maar opreg God wil aanbid, sal wél mettertyd op die regte spoor beland – en dit sluit die Islam in. Ek glo dat alle mense wat bedrywig is in die een of ander alternatiewe religie, baie graag vir God wil ontmoet en dien. Dat hulle leiers hulle mislei vir allerlei verkeerde motiewe, is só. Die probleem is dat hulle só mislei is deur dwaalleringe. Maar, soos jy sien, ook vir hulle is die uitkoms voorhande – die Christendom sál die Verlossing bring.
Probeer dit gerus.
Kobus de Klerk

