Palinodes

  • 0

1
Miskien sal ek jou woorde prys
& dikwels aan jou dink
& selfs op 'n aand
'n eensaam glasie op jou drink:

dié kon jy deur baie donker nagte:
die dieplood van die denke sink
tot waar die woord nie reik,
af in die suisswart waar niks óp-klink.

Miskien sal ek jou nooit vergeet:
- jou geite & jou skyn:
maar verwilderd alles lees
deur jou waan-sin & jou pyn.

2
Nog eenmaal wil ek in jou mond kom
onbevange en sonder vrees,
sonder kondoom diep
in jou gorrel my vlees
forseer en fluister, al is jy seer en dof,
met elke druppel
wat uit my donker in jou donker plof.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top