"Padmaker" deur Hennie Pretorius

  • 0

Padmaker

Padmaker die ondankbaarste job,
Alle sogenaamde eksperts sit op sy kop
Pay en overtime laat hom aftjop
Maar geldjie vir vleisie, meisie en dop

Deur hitte, koue, wind en weer
bou hy pad met swoeg en sweet
Padmaker, trots op sy lewens job
Eerbiedig en geseënd en gedwee

Padmaker maak pad uit moangat
publiek se geldsak
Die ondankbaarste wetters op aarde
Geen respek vir padteken en Padmaker-waarde
Moangatte, die grootste ongeluksvrate

Kos die land moerse klomp geld
orals langs die pad lê mens en wrak in die veld
Die nooddienste ontgeld
Baie min geld

Padmaker se job sal bly
Moangatte kan hom nie onder kry
? Nuwe padmaker gaan begin gedy
nie genoeg tyd aan opleiding gewy
Kan dalk finansiële pak kry

Ou garde Padmaker taan
Sommige van hom klaar gegaan
Padmaker het ook foute begaan
maar sy paaie staan, soos monumente
van sy nederige voortbestaan

2)

Padmaker jou monumente sal vergaan
meeste onderhoud van die baan
Geld is kastig skaars
oorspandering op ander goed, helaas

Padmaker se monumente smeek en treur
gee geld vir oulaas se onderhoudsteug
Nuwe Padmaker kan hul verheug
as soustrein baie geld verteer

Padmaker, dankie vir jou job
Sonder jou sou ons nêrens kon ry of stop
Moangatte, salueer ons Padmaker-lot
Sê opreg dankie vir ? lewens job

Padmaker moet nou gaan
Neem hierdie ode aan
Betoon respekte, begrip en geduld voortaan
vir Padmaker se plek op moangatte se lewensbaan
Terug na grondpaaie is ons voortbestaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top