Padkaart na jou hart
Die roete van my lewe was onbekend
Nie te nimmer het ek ? lig gesien
Ek het die lyne van hier tot jou gelas
En sonder twyfel was daar ? nuwe pas
REFREIN:
Onverwags en onbeplan
Onbegryplik is dit dan
Hierdie padkaart na jou hart
is iets wat my tot in ewigheid sal tart
Brand vir my jou lighuis vanaand
Nooi my terug na jou hart in die aand
Ek sal deur woestyne wandel
Onder die warm son sonder geen mantel
Maar geen berg sal my ooit kan skei
Om jou hart vanaand te kry
REFREIN
Ek’t jou ontmoet in die roete van my lewenspad
En as dit moet en nie anders kan
Onbegryplik is dit dan
Sal ek dan net jou vriendskap saam my vat?
Dis steeds groter as enige ander skat
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


