"Paaie" deur Johan Goosen

  • 0

Paaie

Stil, koud, en donkerblou
lê my wêreld in die môredou
Hier sit ek met my gedagtes
Hier sit ek en dink aan jou

Met die winter in jou oë
wou ek nie hoor wat jy wou sê
Jy's dan als wat ek altyd wou hê

REFREIN:
Weet jy dalk waarheen loop hierdie pad
Loop hy net dood of was ons al daar?
Is daar plek in jou hart vir ons
of loop ons paaie verby mekaar?

Jy, ek, en alles om my heen
raak stilletjies weg in die oggendreën
Dronk in my kop van die lewe se draaie
dit wat sou wees, vir altyd daarmee heen

Skat, ek sal jou sien, dalk liewers nie
Weet jy hoe lank het ek gewag
Vir "eendag, eendag op 'n reëndag"?

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top