Oupa Jan (Oupsie)

  • 0

Foto: Canva.com

Oupa Jan (Oupsie)
Met jou kierie in jou hand
en ’n glimlag op jou gesig
het jy my rondgejaag met jou groot gewig.

Op die stoep het jy gesit met
die pyp in jou mond,
heel fris en gesond.
Elke dag was daar ’n les om te leer,
jy was my brommerbeer en sommer vele meer.

Die wond is nog vars,
ek hoop ek vind jou eendag op Mars.
Ek weet jy is veilig by die liewe Heer
en daarom verdien Hy al die eer.

Rus sag, liewe Oupa.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top