Oupa en Ouma op Toer

  • 0

Oupa en Ouma op Toer
Met Johan Botha en Lida Botha
Teks en regie: Leon Kruger
5-8 JUNIE OM 20:00
DIE BOER RESTAURANT TEATER- DURBANVILLE
BESPREEK:  021 979 1911 / 083 406 0111
KAARTJIES: R110

Na twee suksesvolle TV reekse op Kyknet het Stanley en Debora besluit om die land plat te toer. Van die beste sketse uit die twee reekse en ’n spul nuwes gaan gehore laat skater. Oor die afgelope 4 jaar het Oupa en Ouma baie diep in die harte van Suid Afrikaners geklim. Stanley se wag voor sy mond is al sedert 1965 op strike en Debora het skinder al ’n amptelike taal gemaak. Hulle stry konstant oor niks, hy vergeet alles wat hy moet onthou en sy onthou alles wat hy hoop sy liefs sal vergeet. Maar, wanneer die son sak, trek hulle die kniekombersie nader en wag vir hul kriek. Daar is nêrens anders waar hulle wil wees nie.      
Stanley en Debora beplan ’n toer deur Afrika, maar doen hulle werklik, want as jy weer sien praat Stanley Italiaans en Debora glo hom. Dan arriveer hul paspoorte, skielik is hul herdoop na Stanley en Debora Ramaphosa.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top