Ou Meulteater - Program 2013

  • 0

Ou Meulteater - Program - Augustus 2013

Kanoeksie en Kadoeksie – Mense wat ons help
Saterdag, 10 Augustus (10h00 - R45.00)

 

Ons gunsteling twee elfies Kanoeksie & Kadoeksie is terug en hierdie keer neem hulle die gehoor op 'n prettige reis! 

Toe Kadoeksie en Pippie 'n pad wil bou om by Kanoeksie se pophuis uit te kom, het hulle uitgevind dat dit nie so maklik is as wat dit lyk nie, en dat daar verskillende mense nodig is om verskillende prosesse te volg. Dit neem hul op 'n ontdekkingsreis om van verskillende beroepe te leer en uit te vind dat elkeen van ons 'n belangrike plek in die lewe het.

Met:  Anél Skye, Ulrike Vorndan en Chrizane Kellerman.

Chris Chameleon
Saterdag, 10 Augustus (20h00 - R120.00)

Chris Chameleon - vernuwend, prolifiek en eindeloos kreatief, het bekend geraak in Suid-Afrika, asook oorsee, as ‘n musikale fenomeen. Met ‘n eiesoortige styl, bekoorlike verhoogpersoonlikheid en ‘n reputasie om gehore met sy vier-oktaafstem en stemtoertjies te betower, het sy uitsonderlike talent het hom uitstekende resensies en vele toekennings besorg oor die afgelope ses jaar.

Slegs met sy kitaar en asemrowende, ongewone stemwerk, neem Chris Chameleon luisteraars op ‘n reis, na plekke van musikale betowering en verwondering.  Met 'n repertoire wat strek oor drie dekades en 300 liedjies is daar 'n hoed vir elke haas en 'n balans tussen sy vele landswye treffers en sommige van sy meer obskure en wonderlike verrassings. Van baie jonk tot baie oud en almal tussenin, Chris Chameleon bied iets vir almal.

Winternag - Emile Minnie met Stadskoor Tygerberg
Vrydag, 16 Augustus (20h00 - R80.00)

Bekende liedjieskrywer en musikant, Emile Minnie, tree saam met die Stadskoor Tygerberg in ‘n tweede uitvoering van “Winternag” op.   Die vorige optrede in die Dorpstraatteater was uitverkoop! 

Die program is spesiaal saamgestel om by hierdie tyd van die jaar met die langer nagte en korter dae te pas en het verskeie weerstukke, beide in atmosfeer en met die weer as metafoor vir die liefde, as tema.

Die Stadskoor, onder leiding van Linda Claassen, sal die program met “Kaapse Reën”, “Jys man alleen op ‘n Saterdagaand” en “Wat kan ek vir jou gee?” open.  Woord en musiek is ewe belangrik in al hierdie werke en die koor wat meestal vir swaarder klassiek werke bekend is, is in ‘n ligte, romantiese luim. 

Die vertoning deur Emile sluit splinternuwe Afrikaanse liedjies in en word met sy kenmerkende humor, energie en styl aangebied.  Hy sal ook gunstelinge uit sy vorige albums, sowel as Franse liefdesliedjies van sy album “Chanson”, doen.

Emile word deur Laurika Rauch as een van ons top Suid-Afrikaanse liedjieskrywers beskryf en het al drie van sy liedjies opgeneem.   Sy “Nagmusiek” album is vir ‘n SAMA-toekenning vir beste alternatiewe Afrikaanse album genomineer.   Hy was ook onder die top 3 in die Huisgenoot Tempo Liedjiekompetisie en is vir ‘n Kanna by die KKNK genomineer.  Hy was ‘n finalis in die ATKV Crescendo kompetisie en sy liedjie “Vang my” het die top 10 op Radio 

Bespreek by: 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top