
Saterdag, 18 Februarie
Karen Zoid – Akoestiese Vertoning
Karen Zoid het ’n belangrike deel van die Suid Afrikaanse musiek bedryf geword. Sedert haar eerste album Poles Apart (2002) het sy ’n ikoon geword wat deur die media herdoop is na die “Zoid Generasie”. Haar naam is sinoniem met vuurwarm rock musiek.
Die laaste decade het sy dit reg gekry om beide haar aanhangers en die kritici tevrede te stel, om Engels en Afrikaanse gehore te bou en om ’n individu te bly in ’n mark wat bekend is vir sy kenmerkende klank. Geen wonder dan dat sy in 2008 die toekenning vir Beste Vroulike Kunstenaar ontvang het nie.
Na verskeie toekennigs en goue albums sê Zoid dat haar inspirasie steeds bly om musiek te skryf wat sy op ’n verhoog voor ’n gehoor kan speel. “Toe ek in ’n meisie groep gespeel het, of toe ek ’n straat musikant was, of as ek voor ’n reuse gehoor speel, die gevoel van musiek maak bly vir my dieselfde. Dis hoekom ek dit alles doen. Alles wat in die maak van ’n album ingaan, die promosies, die onderhoude, die maak van die video’s, die ontwerp van die CD omslag – dis werk. Om voor mense op te tree? Dit bly my groot liefde.”
Die vertoning begin om 20h00 en kaartjies is R110.00 per persoon.
Vrydag, 24 Februarie
Koos Kombuis – GPS vir die lewe
Mense het my al so baie gevra: "Wat glo jy nou eintlik, Koos?", dat dit seker net 'n kwessie van tyd was voor ek hierdie ingewikkelde vraag deur my liedjies sou probeer beantwoord. Daarom dan dat ek nou met 'n hele handvol nuwe liedjies sit wat almal so effens van 'n "geestelike" tema het! Suiwer gospel is dit voorwaar nie, tog bring Koos die boodskap van geloof, hoop en liefde in ’n taal wat ons almal verstaan. En vir die wat hulle nuuskierigheid nie kan beteul nie, Koos glo, onder andere, in 'n Vet Vrou, sy GPS, Donkies en Woestyne...
Die vertoning begin om 20h00 en kaartjies is R80.00 per persoon.
Bespreek by 083 564 00 56 of vicky@oumeulteater.co.za

