Onreade
Binne die dig begroeide woud
gooi die maan ? ouripigment
? Oureool waarin die oreade dans
Die carmagnole helderklinkend deur die bos
Carmina vir die bergnimfe
? Spesiale fees vir die eerste lenteblomme
In die fotosfeer van die maan wyl Mithras voor die steenbras
sy opwagting maak
? Driade amoreus om eon dans
Amourette spel in die ligkring van die maan
As die dagbreek oopstoot in die woud
was alles soos ? droom, Mithras het sy wag gestaak
Die daeraad se ligglans tower skadu’s
waar ? dampkring opstu na die oggend dou
? Lammergier se skel gekras die stilte skeur
asof in die woud nooit niks gebeur
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


