Ordentlikheid se agterend

  • 2

Ordentlikheid is 'n belangrike saak. Dis nie dat almal die begrip eenders verstaan nie, maar ons stel vir onsself 'ordentlikheidsgrense' en leef daarbinne. Ons hare moet byvoorbeeld netjies gekam wees en goed vertoon óf dalk moet dit juis 'n berekende deurmekaarspul wees.

Toe kom 'n ongesofistikeerde plattelander met die naam van Julius Malema en ontstel Suid-Afrika. (Is 'ongesofistikeerd' nie dalk 'n te hoë woord om met Julius te kombineer nie?)

In elk geval, Julius en sy trawante het ons wêreld en veral die ANC s'n kom omdop reeds voordat hulle die parlement binnegeval het. Hulle word as 'n bedreiging gesien en is 'n ontsteltenis vir 'n regering in 'n diepe Zuma-groef.

Onthou net ek was en is nog altyd anti-Zuma. Lank voor Zuma die hoogste amp begin verkrag het (nou het my ordentlikheid amper ingeskop!) het ek al teen hom uitgevaar. Toe ek net na Zuma se eerste verkiesing 'n verdere poging aanwend om stemming teen hom te maak, met 'n brief aan Die Waarheid, is dit in die koerant se snippermandjie gegooi.

Nou dink ek: as ons nie soos 'n klomp skape Zuma se eerste verkiesing as president aanvaar het nie en toe reeds Julius-triekse uitgehaal het was sy onverkwiklike presidentskap nie lankal verby nie? Gewoonlik word niks met ordentlikheid bereik nie.

George

  • 2

Kommentaar

  • George Bekker

    Oor Zuma is ek pessimisties. Aan die ander kant, 'n man wat reken (ekke) dat met gebrek aan ordentlikheid iets bereik kan word, is definitief 'n optimis.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top