Optiek

  • 0

Optiek

Selfverdediging noem jy dié proses,
duisendvormig én duiselingwekkend.
Die finale slot oopwaaierend,
veral tobbend oor ’n motief of rede.
Vir hulle wat so spoedig vertrek,
die lewe net ’n beuelslot of lugspoor.
Dus was die aarde net ’n hangbrug,
’n gevaarlike oorgang na die ander oord.
Die ding het vele name: hara-kiri ...
Met selfverset het ek bowendien
geen probleem; dog met só ’n einde
tob ek altyd oor waarom die semasiologie
van self-dood my so ont-hoof?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top