Oppie Plot
Mense vra my waar ek bly
Ry ‘n draai by Atteridgeville verby
Oppie Plot, oppie droogte
dit is Atteridgeville-hoogte
Sit dag en nag oppie plot
Dink, teken, skryf en komplot
Niks geld vir fuif of party
Kuiermense is skaars en ry verby
REFREIN:
Kom kuier oppie plot
bring meisies, dop en tjop
Ek kan vir niks opdok
Sittende oppie plot
Ek het nou alles beproef
Tenders, patente, dobbel en lotto
Kannie my geldelike huisarres troef
Vir nuwe Suid-Afrika is dit ? motto
Oppie plot nag in en dag uit,
Atteridgeville kuiermense, die soek buit.
My geldelike huisarres het hul gestuit,
weg met leë hande sonder ‘n duit.
REFREIN:
Kom kuier oppie plot
bring meisies, dop en tjop
Ek kan vir niks opdok
Steeds sittende oppie plot
Vra my weer waar ek bly
Ry ‘n draai by Atteridgeville verby
Oppie plot, oppie groot gelddroogte
Dit is Atteridgeville-hoogte
Kom kuier oppie plot
bring meisies, dop en tjop
Ek kan vir niks opdok
Nog steeds sittende oppie plot


