
Foto: Canva
Op soek na Ararat
in onstuimige waters
soek ons ’n Ararat
’n huis
’n tuiste
’n uitkoms
weg van misnoeë
en wêreldsmart
waar die olyftak
silwergroen
in die môreson blink
sodra ’n nuwe dag
nuwe lig
nuwe durf
en nuwe vooruitsig
oor ons onsekerheid skink


Kommentaar
Loretta, jy beskryf elke mens se soeke na daardie ekstra geluk en vrede so mooi! Baie geluk met hierdie gedig.
Dankie liefste Anze x.