Op die swartlys

  • 0

Ek vind die afgelope tyd ek kan net een e-pos op 'n slag stuur. As ek twee verskillende posse wil stuur aan verskillende persone, moet ek eers 'n rukkie wag na die eerste afgestuur is. Ek bel toe die diensverskaffer en die man sê ek is dalk op 'n swartlys en hy verduidelik hoe ek te werk moet gaan om dit vas te stel.

Wel ek doen niks verkeerd nie, maar ek gaan toe maar deur die proses. Daar laat weet hulle my ek is op ses verskillende swartlyste van net 45 wat hulle getoets het! Een se naam is "scatterbox" en dit het te doen met ingewikkelde goed wat ek nie verstaan nie.

Ek weet nie hoe om dit reg te stel nie en sal maar tevrede moet wees om net een op 'n slag te stuur, hoewel ek heeltemal onskuldig is. Ek kyk nie pornografie nie en stuur ook nie vuil e-posse of iets nie.

Nou stuur ek maar hierdie een om te kyk of hulle my nie heeltemal blokker nie.

Ek wonder of Kobus en Dolf nie daarmee te doen het dat ek op die swartlyste is nie.

Groete,

Heiden

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top