Op die patio met tee
Ek het iewers gehoor
In tye van jaag
Vat dit net ’n koppie tee
Om jou bloeddruk te verlaag
(In die stad het mens ’n patio
Wat uitkyk op jou bure
Op die plaas het jy ’n stoep
Waar jy kan sit en kyk vir ure)
Ek gaan sit op my patio
En probeer om te kalmeer
Maar die honde blaf en die karre ry
en die kind langsaan huil al weer.
Ek maak my oë toe en probeer onthou
Hoe dit klink as mens net die sonbesies hoor
Ek smag skielik so na die stoep op die plaas
Waar jy jouself in die rustigheid verloor
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


