Oorlog van gebroke liefde
Die dag was ’n eindelose stryd
Jy het my heeltyd vermy
My hart gebroke soos daardie motor se ruit
Jy het vir my hoop gegee
My hart breek soos die branders in die see
Koor
Ek stuur vir jou daardie wit posduif
Maar nog steeds is daar geen antwoord
Hoe kan jy my tien maal wegskuif
Jy is ’n engel
Baby ek dink jy is die engel vir my
Jou vriende maak al jou keuses
Jy volg nie jou eie kop
Jou hart is deurmekaar
En ek speel met my uitgetunede kitaar
Om vir jou ’n lied te skryf
Dat jy my net kan aanvaar
Jou glansende oë wat my aanstaar
My hart se klop
My kop sê stop
Moenie haar keer
Sy maak net seer
My hart sê gaan
Vergeet al die pyn en seer
Jy maak my mal
Nog steeds het ek vir jou geval
Jy bly wegkyk
Is daar iets wat jy bereik
Ek is spyt
Ek mors my tyd
![]() |



