Hello
Daar is gepoog om te toon in ’n vorige brief dat die betekenis van ’n enkele woord menigvuldig kan wees en dat daardie menigvuldige betekenisse selfs in kontradiksie met mekaar kan staan. Die tendens om eerder die woordeboek die werk van argumente te laat doen en so ’n outoriteit daar te stel wat argument finaal besleg is ’n ongelukkige tendens aan die hand van Henn wat hier kop uitsteek en male sonder tal misbruik word. Indien woordeboeke dan die finale outoriteit is gee gehoor aan die feit dat die ook verdeeld is. Neem die oproer oor die woord mite. Ongelukkig is daar nie so ’n verskeidenheid woordeboek aanlyn wat Afrikaanse verklarings kan bied nie. Daarom die volgende:
Oxford English Dictionary:
1) A traditional story, especially one concerning the early history of a people or explaining a natural or social phenomenon and typically involving supernational beings or events.
2) A widely held but false belief or idea
Dictionary.com
1) A traditional or legendary story, usually concerning some being or hero or event, with or without a determinable basis of fact or a natural explanation, especially one that is concerned with deities or demigods and explains some practice, rite, or phenomenon of nature.
2) Stories or matter of this kind: realm of myth.
3) Any invented story, idea, or concept.
4) An imaginary or fictitious thing or person.
5) An unproved or false collective belief that is used to justify a social institution.
Merriam-Webster
1) A usually traditional story of ostensibly historical events that serves to unfold part of the world view of a people or explain a practice, belief, or natural phenomenon (parable, allegory)
2) A popular belief or tradition that has grown up around something or someone (especially one embodying the ideals and institutions of a society or segment of society) (an unfounded or false notion)
3) A person or thing having only an imaginary or unverifiable existence
4) The whole body of myths
Indien woordeboeke die plek van argumente en vakkundige studie inneem dan kan die argumente soos dit in die briewe gestaak word en slegs aanhalings uit woordeboeke geplaas word. Uit die aanhalings aangebied in hierdie brief wat die woord mite aanspreek is dit duidelik dat dit ook nie klinkklare uitslag oor mites bied nie en dat verdere ondersoek benodig word. Daar is genoeg om die verstaan van die begrip mite en mitologie te bevestig soos dit in die algemene omgang verstaan word, as ’n verhaal wat nie waar is nie.
Of word dit verwag om te aanvaar dat Zeus wel vir Europa verkrag het en vir Ganymede weggeraap het vir sy eie plesier. Is die kosmologie in Genesis waar?
Indien mites dan waar is kan Henn die ware mites uitgelig? Die kontradiksie in terme behoort duidelik te wees.
Baie dankie
Wouter
NS “Jan Rap en zijn maat ... een uitdrukking waarmee rapalje, gespuis wordt aangeduid ...”
Bogenoemde word nie aangedui om goedkoop punte te probeer wen nie, maar dat die gebruik van Jan Alleman dalk beter so gewees het, aangesien Jan Rap se aanvanklike bedoeling met die kies van Jan Rap dalk klem op die alleman wou plaas. Dit is egter net hy wat uitslag daaroor kan gee.

