Iemand het iewers geseg:
"As OZ nie bestaan het nie, sou NIEMAND dit wou uitgevind het nie."
Of dalk klink dit beter in Engels?
"If Australia didn't exist, nobody would invent it."
Oorhoofs deel al 4 landjies hierbo presies dieselfde kwaliteite en dieselfde geskiedenis:
1 – Alles begin met maasa-moord op die oorspronklike inwoners.
2 – Bring dan ongewenste skuim – oftewel 'white trash" – van buite af in om te bevolk.
3 – Inteling volg.
4 – Groot mineraalneerslagte word ontdek.
5 – Al hierdie lande word van buite af beheer.
6 – Al hul inwoners word gebruik as goedkoop vleisbomme in talle oorloggies regoor die wereld.
7 – Almal is gebreinspoel tot feitlik blinde skaapskap.
8 – Feitlik almal is op dwelms.
9 – Opvoeding en akademie speel geen rol nie.
10 – Wie kan uit die vuis vinnig 5 beroemdes opnoem vanuit elkeen van die VSA, Oz, Nz en Kanada??
Ek kan ten minste aan een dink vanuit OZ, NZ en Kanada ... Leonard Cohen ... enigiemand anders?
VSA?
Okei, hier gaan dit darem beter:
Muhammed Ali – seer sekerlik die Grootste Yank ooit?
Daar was ook mense soos Muddy Waters, Little Richard, Ophra Winfrey, Jesse Jackson, Obama, Johnny Cochrane, Michael Jackson, Michael Jordan, Mike Tyson, Martin Luther King, en dalk Rodriquez?


Kommentaar
Die VSA het van die grootste geeste van die vorige eeu opgelewer (en in eeue voor dit nie te sleg gevaar nie). Dink bv. aan Benjamin Franklin en Thomas Jefferson. In die 20ste eeu is daar so baie jy kan 'n ensiklopedie daaroor skryf. Veral as jy immigrante in berekening bring: die VSA was slim genoeg om die room van die wêreld se intellektuele te verwelkom: Einstein, Bohr, Von Neumann, Von Braun (weliswaar bietjie van 'n Nazi!) ens. Hulle maanlopers was van eie bodem.
Juistement Brian, jy maak my punt vir my duidelik!!
Francois,
Nieu-Seeland se geskiedenis is glad nie soos jy dit wil voorstel nie. Brittanje wou nooit regtig die plek koloniseer nie en het dit inderwaarheid as as las beskou - ver van alles af en met min natuurlike hulpbronne (behalwe 'n klimaat wat baie gunstig is vir landbou). Verhoudinge tussen Europese koloniste en die Maoris was meerendeels positief gewees, en die Maoris was verwelkomend teenoor die koloniste. Die Maoris het immers gebaat by Britse teenwoordigheid (b.v. handelsgeleenthede en nuwe tegnologie). Die Treaty of Waintangi, wat tussen Brittanje en die meerderheid Maori stamme gesluit is in 1840, getuig van die positiewe verhouding.
Geweld tussen Europese koloniste en Maoris het wel in die latere dekades van die 1800s voorgekom, maar was beperk tot 'n paar betreklik klein oorloggies (die sogenaamde Maori land wars) wat maar net 'n klein deeltjie van die land (die Waikato en King Country) geraak het. Dit kan nie vergelyk word met ons eie geskiedenis nie. Om dit massa moord te noem is nou mos belaglik.
Die kwaliteit van Europese koloniste was ook nie te sleg gewees nie - beslis beter as Nieu-Suid-Wallis se aanvanklike "koloniste" - en as ons eerklik is, waarskynlik beter as ons eie oorsprong. Gelukkig dan dat mense geneig is om met die loop van tyd te verbeter as hulle die geleentheid kry.
Vandag is Maori goed daaraan toe. Hulle sosio-ekonomiese vlak is wel laer as die van blanke Nieu-Seelanders, maar die gaping is beslis nie enorm nie. Om die waarheid te sê, dit sal interressant wees om hulle in die opsig met die Afrikaner se huidige posisie te vergelyk.
Ek dwaal van die punt af - wat ek wil uitwys is dat jou vae veralgemenings verkeerd en misleidend is. En as jou kennis van Nieu-Seeland se koloniseering so gebrekking is gee dit my nie juis veel vertroue in jou veralgemenings t.o.v. Australië, Kanada en die Verenigde State nie.
So terloops, jou opmerkings oor Australië (wat betref dat niemand regtig iets met die land te doen wil hê nie) getuig ook nie van diep insigte nie. As mens oordeel volgens die VN se "Human Development Index", wat 'n breë weerspiëling van menslike ontwikkeling meet, is Australië die beste van die Statebondslande, en is ook min of meer vergelykbaar met die Skandinawiese lande is miskien 'n plek soos Switserland wat lewenspeil betref. Australië word immers die "lucky country" genoem.
Paul
Francois: Dit is nie vir my duidelik waarom jy dink jou lys van Amerikaners is meer Amerikaans as myne nie.
Paul barnard ... jy bestry my 2de ivm NZ, ok, dis seker regso, nie elke enkele Kiwi was seker White trash nie, maar vandag is daar tog heelwat wat mens steeds as Wit Rommel sal beskou, hoe verklaar jy dit?
This week we learnt that Australia’s GDP growth fell significantly in the second quarter compared with the first. The fact that GDP growth is a lagging indicator raises serious questions about the current state of the economy.Exacerbating such concerns is that China’s economy appears in a precarious state.Facing a cyclical downturn overseas and structural reform problems at home, China’s growth has also slowed, and is expected to slow further.As growth in China has slowed, the price of iron ore, our most important export commodity, has fallen sharply. Iron ore is currently trading below $90 per tonne, around half that of a year ago.Some have called the mining boom to be over, or at the very least to have peaked, and mining companies such as Fortescue Metals have announced they are deferring investment and laying off workers.Whereas the terms of trade were once fuelling sharp increases in national income, which boosted government tax revenues and ran up housing prices, the party is now over.As one commentator put it, "Australia has gone in a short space of time from the lucky country to the country whose luck is running out”. Read more: http://www.businessspectator.com.au/article/2012/9/7/australian-dollar/putting-iron-ore-shock-context#ixzz2PwKUwSrq
Jou kritiese sentimente t.o.v. Australie word klaarblyklik gedeel deur verskeie liberale Afrikaners. Ek verstaan hierdie perspektief nie regtig nie (verduidelik tog seblief), aangesien Australië 'n suksesvolle eerstewêreldland met 'n hoë lewenspeil is, oor 'n gevestigde en geloofwardige demokrasie beskik, en waar die regte van minderhede beskerm word. Wanneer Afrikaners "menseregte-klippe" begin gooi neem die res van die wêreld hulle nooit besonder ernstig op nie. Ons is nou mos skynheilig, nie waar nie?
Wat betref Australië se lewensgehalte (wat nie eintlik die oorspronklke onderwerp is nie, maar jy het my nou daar aangeval), as jy meer van 'n ekonoom was sou jy ook nie na korttermyn sikliese aanduiders kyk om te probeer vasstel of 'n land 'n ekonomiese sukses is al dan nie. Alle lande gaan immers deur resessies. Wel van belang is die strukturele posisie van die land. Op die gebied is Australië beslis die "lucky country", en dinge sal waarskynlik vir 'n paar dekades vir hulle moet skeefloop om hulle huidige ekonomies-bevoorregte posisie wesentlik te verloor.
So terloops, naas Londen is Perth blykbaar die buitelandse stad met die grootste Suid Afrikaanse diaspora. Dus stem 'n klomp van jou landsburgers nie met jou saam wat Australië se vooruitsigte betref nie. Ek noem dit maar net - die emigrante kan natuurlik verkeerd wees en jy reg. Maar wie weet nou regtig wat die toekoms inhou. My punt - in die hede in Australië 'n baie, baie suksesvolle land.