Oor Yanks en imaginêre berge

  • 5

Ons het pas teruggekeer van 'n heerlike paar weke in Ysland en die VSA en kry ek nou weer tyd om op die Sê rond te hang. 'n Mens moet darem iets doen terwyl jy kyk hoe ons manne daar in Bleekbeenland die Kakies se neuse in die grond vryf. Sommer 'n paar los gedagtes met die Ingelse op 154 vir 5.

Ysland met sy ongelooflike natuurskoon dra letterlik toeriste op die hande en het ek van die beste diens ter wêreld hier ervaar. Nêrens word 'n fooitjie verwag nie en rekeninge en kredietkaartstrokies by eetplekke maak geen voorsiening vir fooitjies nie. Dis werklik vir die mense 'n plesier om jou te bedien en jou besoek aan hulle land so genotvol moontlik te maak. Feitlik alle besienswaardighede is gratis met geen toegangsgelde nie en glo my dis die moeite werd om dit te sien. Geysers, vulkane, gletsers en watervalle is van die mooiste denkbaar en oral word jy toegelaat om op eie risiko tot teen die verskynsel te kom. Jou eie gevoel en oordeel van veiligheid word hoog geag. Die Lutherse geloof is staatsgodsdiens en godsdienstige bedrywighede (wat maar yl is en feitlik tot instandhouding van 'n paar prominente geboue beperk is) word uit die staatskas befonds. Vir 'n landjie wat kleiner as die Vrystaat is en net meer as 300 000 inwoners (waarvan 200 000 in Reykjavik woon) het ek net genotvolle herinneringe.

Anders as vorige besoeke het die immgrasie-beampte op JFK-lughawe my vriendelik gegroet en selfs 'n geselsie aangekoop en het ek begin dink dat ons dalk 'n verrassing kon kry. Die VSA was egter sy ou self. Toeriste is daar om uitgebuit te word en vir elke denkbare diens word 'n fooitjie geëis (nie verwag nie). In eetplekke is soms tot 18% "Gratuity" gewoon bygevoeg - en dan was die diens maar so-so. Amerikaners laat my altyd met 'n gevoel van ambivalensie. Aan die een kant het ek groot respek vir wat hulle op wetenskaplike gebied vermag en het die WiFi-internettoegang op Delta se vlugte my hierdie keer nogal be?ndruk. Groot geeste soos Brian Greene, Edward Witten en Sam Harris het nie maklik hulle gelyke elders nie. Die Amerikaners se beheptheid met filmsterre en die feit dat 'n betekenisvolle gedeelte van die VSA se bevolking vir 'n man gaan stem wat 'n toegewyde Mormoon is plaas egter vir my 'n groot vraagteken agter die gemiddelde Yank se oordeel en intellek. Dit moet die 7% ate?ste wees wat die spul aan die gang hou!

Terug by die huis sien ek Kobus lewer ellelange kommentaar op sy eie skrywes en verbeel hy hom dat imaginêre berge bestaan waar ons gewone sterflinge net Karoovlaktes kan sien. Dis nogtans lekker om terug te wees en besef ek weer eens hoe tuis ek hier in SA met al sy pyne is. Die ANCYL moet baie duidelik die boodskap kry dat dit nie sommer net vir vat is nie.

Groetnis

Thomas

  • 5

Kommentaar

  • Thomas,

    Dankie vir jou indrukke van Ysland. Ek sal tog eendag probeer om daar uit te kom, maar dit sal in die middel van die somer moet wees, want my bloed het al dun geword hier waar ek die son aan die Suidkus koester. Snaaks genoeg, wintermaande besoek ek dikwels die Champagne-vallei in die Drakensberge, en daar is dit bedags heerlik warm. Saans moet jy natuurlik jou woonplekkie met 'n brandende kaggel warm hou. Ek dink ou tanta Koba skrik hom morsdood as hy Cathkin moet aanskou. So 'n berg in lewende lywe is 'n heel ander ding as die ou voetheuweltjie  wat hy in sy verbeelding spiritualisties gesien het.
     
    Groete
    Angus
  • Beste Thomas.

     

    Was nie daar nie, maar dit klink aanloklik.  Bykomstig tot jou brief, die volgende inligting rakende gays daar:

     

    Gay seks gewettig sedert 1940

    Ouderdom vir beide geslagte tot instemming tot seks = 14

    Gayregte soortgelyk aan RSA, met gay huwelike daar gewettig

    Het reg om kinders aan te neem

    Ysland het die eerste gay premier, 'n lesbier, sedert 2009

     

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Beste Jaco,

    Ek weet nie of jy dit geweet nie maar die hofmeester in Aspoestertjie se verhaal was ook gay.

    Die ou was glo vreeslik in sy noppies toe die prins nie 'n vrou wou vat nie.

    Die koning wou egter baie graag eendag met sy kleinkinders speel en het toe die groot deftige bal gereël waarop die prins onse Aspoestertjie ontmoet het.

    Die koning was hoogs de m@3r in toe hy uitvind die hofmeester het Aspoestertjie laat wegkom. Hy was absoluut oortuig die wegkom van sy toekomstige skoondogter was moedswillig en het toe amper sy hofmeester glo met meer as net met die swaard laat besny.

    Nou ja, ons weet darem almal die einde was straight.

    Ek kan net nie onthou hoe vêr als van Ysland af weg gebeur het nie.

    Namaste!

    Cornelius

  • Dagdê Jaco

     
    Interessante feite oor Ysland wat jy gee.
     
    Dit lyk vir my hoe minder godsdiens jy in 'n land het hoe hoër die waardes en norme in daardie land!
     
    Thomas
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top