Ons weet dat agnostici, met uitsonderings na, werklik hard probeer om alles in hul vermoë te doen hulle agnostiese selfdesepsie ten alle koste, te probeer voed.
Die nuutste poging hier is dié van Perdebytjie, wat nou weer ’n baie desperate poging aanwend om tog maar die ou agnostiese monster in haar siel, se kop bo water te hou – en haar selfbedrog demonstreer sy woord-grafies soos ’n skildery, vir almal om te sien.
Ek het ook die program gesien waarvan sy praat – dit klink na dieselfde program, oor die berugte Bermuda Triangle. Baie mense en geleerdes meen dat die abnormale gebeure waar talle vlieg- en vaartuie verdwyn oor dekades heen sonder ’n enkele spoor of waarskuwing, te wyte is aan een of ander paranormale fenomeen. Maar ’n groep wetenskaplikes het met die nuutste toerusting, selfs vanaf NASA geleen, ekstensiewe ondersoeke gaan doen, om te kyk of hulle nie tóg maar dalk ten minste van die vaar- en vliegtuie wat daar weggeraak het, kan opspoor nie. Maar sonder sukses.
Dit is só dat daar ’n diep kanaal naby die kus van Florida af gesien kan word – dit is selfs met die oog sigbaar – maar dit is te vêr vanwaar die hele vlug 19 se vyf Avenger torpedo-vliegtuie en die 14 bemanningslede, én die Mariner met sy 13 bemanningslede, én alle toerusting op dieselfde dag, meer as 100 seemyl uitmekaar, spoorloos weggeraak het.
Die goed toegeruste, massiewe, rateltaai versterkte romp Mariner vliegboot met sy 13 bemanningslede was juis toegerus met ’n groot opblaas vaartuig (reeds vol lug) en gevorderde navigasie- en sein toerusting om op die oop see mee te oorleef, sou die vliegtuig afgaan, ook toegerus met twee yslike verseëlde ‘bote’ (flotations) onderaan die punte van die hoofvlerke, wat áltyd op die water bly drywe, al sou die vliegboot self ontplof. Hierdie vliegtuie was ekstensief gebruik vir reddingsoperasies deur die Amerikaners, om hulle vloot wat die Japannese eilande aangeval het, te ondersteun, deur op water te gaan land en dan drenkelinge tussen die skeepswrakke op te pik uit die water, terwyl hulle vlaag na vlaag aanvalle van Japannese vegvliegtuie met ligspoor ammunisie (juis om brandstoftenks te laat ontplof) moes deurstaan, asook die moordende aanvalle van Japannese “PT boats”. Géén ontploffing aan boord sal dié vliegtuig sommer net laat evaporeer nie. Die twee vlerke met die enjins is bokant die romp gemonteer en skeur gewoon weg van die romp af, in die geval van ’n ontploffing van die rubber (juis om koeël skade te minimiseer) brandstoftenks binne-in die vlerke.
Almal was verstom dat die eskader Avengers wegraak, nadat die vlieëniers die roete baie gereeld as ’n saak van oefenroetine gevlieg het. Ook het die laaste radiogesprekke wat ontvang is, net voordat alles verdwyn het, aangedui dat hulle steeds oor die see was en sou “ditch” – juis nié oor land by die beroemde Okefenokee Swamp nie, én boonop is een van die kenmerke van die moeras, dat dit baie vlak is – wat ’n eskader groot Avenger wrakke soos seer vingers sou laat uitstaan. Daar is ook géén getuienis dat hulle wél “geditch” het nie… net spoorloos verdwyn.
Dit is nonsens dat die groot fratsbranders (daar is onderhoude met oorlewendes gevoer wat daardeur gekom het ) van ’n 100-120 voet (30-36 meter) sommer so groot vragskepe vernietig en laat verdwyn sonder geleentheid vir noodseine of enige teken agterna – dít is ’n fabel. Selfs na die brander ’n skip sou breek, is daar nog ure waarin seine gestuur word, want skepe het lugkompartemente, ens., wat sinking aansienlik vertraag en alle bote is met flotasie vir bemanning toegerus en reddingsbote. Boonop is sulke groot branders oral te vinde en die beroemde “big wave chargers” (groot brander branderplank kunstenaars) langs die kus van Amerika en Suid-Amerika doen gereeld branders van 60-70 voet en hoër om hul kompetisies mee te wen – daardie branders word keer op keer in die diepsee met waterponies en branderplanke vir kompetisie aangedurf! Nou, wat het werklik met dié groot skepe gebeur sodat dit net eenvoudig spoorloos verdwyn?
Vervolg –
Kobus de Klerk

