Nog ’n ervare vliegkontroleur vertel hoe hy ’n ligte vliegtuig sien opstyg, radiokontak het en hoe die vliegtuig eensklaps net spoorloos verdwyn sónder enige teken ooit weer daarna, van wat daarmee gebeur het óf die vlieënier, gesien of gehoor word.
Dus, ’n hele eskader groot Avenger torpedo vliegtuie:
- Verdwyn net skielik van die radar af op hulle roetine roete, terwyl hulle steeds op-roete radiokontak het, maar verskyn na bewering later skielik as sogenaamde “phantom dots” op verwyderde radarskerms en verdwyn dan weer net so misterieus;
- Se radiokontak is versteurd en gebroke, hoewel die lug aanvanklik relatief skoon is en sulke steurings ongewoon;
- Se bemanning van 14 met veterane tussen hulle en ten spyte van die son wat kon rigting aandui, raak só gedisoriënteer, dat geeneen werklik weet waar hulle is nie, al is dit ’n bekende en gereelde roetine roete;
- Se twee kompasse in elke vliegtuig (dus 10 kompasse in totaal), raak algar meteens nutteloos, iets totaal ongehoord en ongewoon op dié roetine roete en gebeur ook nie agterna met die wetenskaplikes se toetsvlug oor dieselfde roete met ’n Avenger nie;
- Se totale bemanning van 14 verdwyn ten spyte daarvan dat elk standaard met floteer toerusting toegerus is en ten spyte daarvan dat oppik operasies daar dikwels van vlieëniers gedoen was wat “ditch“ (juis deur die Mariners en ander bote);
- Se een bemanningslid wat ’n tyd daarna na bewering ’n misterieuse telegram stuur en sê dat hy “very much alive” is;
- Se wrakke verdwyn spoorloos onder die see, flotasietoerusting (wat nie kan sink nie) en al. Na bewering meegesleur deur ’n sterk stroom wat hulle kwansuis in die kanaal in meesleur, maar ’n enkel navorser wat op die plek met sy toerusting bodem toe gaan om te gaan soek vir wrakke, kom ongedeerd terug… geen stroom sleur hom mee nie en ook nie die sonar toerusting nie en hy spoor ook nie wrakke op, nie;
- Se bemanning se 14 stelle flotasie toerusting, wat nie kán sink nie, verdwyn ook spoorloos;
- Se soekgeselskap in ’n rateltaaie, volledig toegeruste en reuse Mariner vliegboot en sy 13 bemanningslede met hulle al dertien se eie stelle flotasie toerusting wat ook nie kán sink nie, het net eensklaps verdwyn en niks hoegenaamd, was ooit opgespoor van die oorblyfsels daarvan, nie, ook nie eens die groot vlot en die twee flotasie bote nie, maar ’n misterieuse flits en drywende oliekol word gesien en gevind op die water.
En só is daar talle, honderde, vlieg- en vaartuie wat oor die tye heen daar net eenvoudig verdwyn…
Die wetenskaplikes waarna Perdebytjie verwys, erken, anders as wat sy voorgee, dat hulle nie verklarings het nie, maar hulle bied moontlike verklarings vir sommige gevalle, terwyl hulle géén verklarings kan gee vir die navigasie toerusting wat net eenvoudig skielik ophou funksioneer nie. Eintlik bied hulle op eie erkenning, géén verklarings vir die werklik tergende vrae, soos hierbo uiteengesit, nie…
Perdebytjie se poging om deur haar ondeursigtige donkerbril van agnostiese selfdesepsie en vooroordeel met haar onjuiste en selfgemaakte selektiewe mededelings die gate van haar vinnig sinkende wetenskap-bootjie in die Bermuda Triangle toe te stop, is só tragies pateties… want sy gaan dit nié maak nie. Nóg ’n slagoffer?
Die kombinasie van agnostiese vooroordeel, gebrek aan insig en selfdesepsie is absoluut dodelik – maar die teelaarde van oppervlakkige fabels.
Die wetenskap kan dit nie oorleef onder die aanslag van agnostisisme nie.
Laat dit vir algar ’n waarskuwing wees.
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kobus,
Ek het tog duidelik geskryf dat daar steeds baie vrae hang oor die gebeure en dat daar nog nie antwoorde op alles is nie. Daarmee het ek nie probeer afmaak dat daar nie baie vreemde dinge hier gebeur nie.
Maar siende jy my nou so uitskel en beskuldig van selfgemaakte selektiewe mededelings, sal jy dit dan seker waardeer as ek tot die gevolgtrekking gekom het dat dit 'n plek van wegraping is!
Perdebytjie,
Jy het die punt gemaak en ek haal jou aan “…maar wetenskap bewys weer eens daar is niks sinister of bo-natuurliks op moeder aarde nie. Dis ons menslike breintjies, wat al hierdie dinge skep!”
En nou sê jy dat dit ’n plek van wegraping is, met ander woorde, jy weet glad nie wat aangaan nie én jy gee toe dat jou tipe wetenskap en ek haal jou weer aan “heelwat onopgeklaarde vrae oor hierdie deel van die wêreld” laat?
As jy eerlik sou wou wees en nie bevooroordeeld nie, sou jy die waarheid oor die program uitgewys het – ten spyte van die nuutste, mees gesofistikeerde en gevorderde wetenskap-foefies, van NASA toerusting tot die allernuutste in mariene wetenskap en, soos hulle daar sê “the most advanced scientific minds”, is daar steeds nie énige “wetenskaplike” verklaring van wat met die meer as duisend vaartuie en talle vliegtuie wat daar spoorloos, met meer as 8000 bemanning oor die spektrum heen, verlore geraak het, nie.
Én jy versuim om te sê dat al meer en meer van dié “scientific minds” dit het dat daar juis paranormale oorsake vir dié vreemde fenomene bestaan, paranormale verklarings – ook mos wetenskap!
Maar dit is maar ’n demonstrasie van die intensiteit van daardie selfbedrog-sindroom waaraan julle ly, waarvan ek praat en wat jou só mooi kom demonstreer het.
Kobus de Klerk
Kom ek wed jou, Perdebytjie, dat Kobus sy inligting trek van 'n webwerf wat links verskaf na die volgende:
- die 9/11 'conspiracy'
- die sluipmoord op JFK was 'n CIA komplot
- Barak Obama is 'n moslem
- aardverwarming is 'n 'hoax'
- bewyse vir Noag se ark
- die tekens van die tyd (apokalips)
- 'big pharma' is kop in een mus met regerings
- homeopatie, chiropraktiese behandeling, akupunktuur, ens word ondersteun deur die wetenskap
- Dr Phil, Dr Oz, Deepak Chopra en Oprah Winfrey sê ...
- die Bybel is die letterlike woord van God (Darwin en ewolusie lieg)
Dis nie toevallig dat hierdie onderwerpe gewoonlik saam eindig nie. Hulle het almal 'n uiterste tekort aan kritiese denke in gemeen.
Chris,
Soos te wagte en soos met al jou maters gebeur, raak jy al meer en meer geniepsig, kinderagtig en irrelevant. Wat beteken die kommentaar van jou? Jy besef natuurlik dat dit absoluut niks doen vir Perdebytjie se dilemma nie - en joue ook nie. Jou snert antwoord onderskryf dit net.
My inligting kom uit die program wat ek ook gesien het - met die verskil dat ek kan begryp wat daar aangaan, en kan onthou wat daar aangaan ...
Kobus de Klerk