Oor vroue en godsdiens

  • 1

Hello!

Dit is interessant dat Perdeby ’n brief skryf oor vroue wat nie bevry genoeg is om ’n standpunt oor Godsdiens te hê nie. Ek wil van haar verskil. Om ’n spesifieke godsdiens te hê is oor die algemeen ’n leefwyse wat jy ontwikkel het van kindsbeen af. Die omgewing, jou kultuur en jou opvoeding speel ’n groot rol hierin. Ek neem waar dat heelwat meer mense as, kom ons sê 15 jaar terug, neig om te verklaar dat hulle nie ’n geloof het nie.

Die rede hiervoor is debateerbaar en dus nie maklik om oor te bespiegel nie. Ek voel wel dat dit onmoontlik is om vandag ’n godsdiens te hê en more wakker te word en sonder rede skielik sonder ’n godsdiens te wees. Sou iemand my daarvan wou oortuig sal ek dieselfde voel oor iemand wat sê hy eet nie sjokolade nie want hy hou nie daarvan nie.

Mooi bly
Draadsitter Maya

  • 1

Kommentaar

  • Maya

    Ek stem saam met jou,  mens kan nie oornag besluit jy het nou 'n godsdiens of nie,  ek dink dit kom maar oor 'n tydperk wat bepaal is deur die sameloop van omstandighede.  Baie vroue dink ek, dink dat hulle nog soos in die verlede nie hul eie opinies en of geloof ens mag beskik nie, want hulle is dalk in so 'n familie of huwelik vasgevang van 'n vrou moet net haar mond hou sy het geen sê of wil van haar eie nie.  So paar weke terug het ek met die vakansiedag by die kerk gaan help om klere uit te pak vir die kleremark, en een van die vrouens daar vertel dat haar man (hy is 'n ouderling) glo sy mag nie 'n opinie hê nie, en ek dink dit is een van die rede.  So 20 jaar terug het ek myself nie so oor my geloof gepraat en gedink soos nou nie.  Nie omdat ek onder druk was om dit nie te doen nie, maar dit was maar net een daarvan.  Ek dink egter dat ek nou meer Godsdienstig  as toe, al hoewel ek nog altyd 'n Christen was.  Maar om te sê ek het oor nag verander nee miskien figuurlik gesproke maar beslis nie letterlik nie, en so ook met bekering, dit gebeur oor 'n tydperk, met die sameloop van omstandighede.

     

    groete

     

    Erika

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top