Oor Spirituele Intelligensie

  • 5

Spirituele Intelligensie is ’n begrip wat ons al sedert die sewentigs as studente en daarna gereeld gebruik het en weet waarop dit betrekking het en waarna dit verwys.

Dana Zohar se poging om dit aan korporatiewe ekonomie te koppel, is inderdaad haar eie weergawe daarvan en sy noem dit heel verkeerdelik ‘spiritual intelligence’.

Die sogenaamde Center for Spiritual Intelligence van die laaste tyd gebruik weer op ’n heel ander manier hierdie term om na menslike motiewe en modus operandi te verwys – weereens ’n vreemde gebruik van die begrip, want dít waarna hulle verwys, in sommige fasette daarvan , is juis die gevolge van die aanwending van spirituele intelligensie, maar is nie die intelligensie self, nie.

Die kwessie is eenvoudig. Kom ons kyk na die definisies, selfs in sekulêre verband:

spi•ri•tu•eel´ b.nw. en bw.
Geestelik, onstoflik. [F. spirituel]
in•tel•li•gen´sie
1 Vermoë om tot insig te kom, te begryp; verstandelike vermoë; skranderheid; relatiewe vlugheid van insig en begrip: Hoë, middelmatige, lae intelligensie hê. 2 (neol.) Bedrywigheid van kennis (heimlik) inwin; ook, die persone wat hierby betrokke is. intelligensie: ~diens, ~meting, ~peil.
- Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal.
 
Die Merriam-Webster brei meer uit:

Definition of INTELLIGENCE
1 a (1): the ability to learn or understand or to deal with new or trying situations : reason; also : the skilled use of reason (2) : the ability to apply knowledge to manipulate one's environment or to think abstractly as measured by objective criteria (as tests)
  b Christian Science : the basic eternal quality of divine Mind
  c : mental acuteness : shrewdness
2 a: an intelligent entity; especially : angel
   b : intelligent minds or mind <cosmic intelligence>
3: the act of understanding : comprehension

En die Oxford gee die volgende definisies:

Spiritual
Pronunciation: /?sp?r?t???l, -tj??l/
adjective :
1 relating to or affecting the human spirit or soul as opposed to material or physical things: I’m responsible for his spiritual welfare having a relationship based on a profound level of mental or emotional communion: he never forgot his spiritual father (of a person) not concerned with material values or pursuits.
2 relating to religion or religious belief: the country’s spiritual leader
noun:
(also Negro spiritual) a religious song of a kind associated with black Christians of the southern US, and thought to derive from the combination of European hymns and African musical elements by black slaves.

intelligence
Pronunciation: /?n?t?l?d?(?)ns/
noun
[mass noun]

  • 1 the ability to acquire and apply knowledge and skills: an eminent man of great intelligence
  • [count noun] a person or being with the ability to acquire and apply knowledge and skills: extraterrestrial intelligences.

Hierby sluit die definisie van ‘spiritual’ van die Nelson’s New Illustrated Bible Dictionary ook volledig aan en brei effens meer op die geestelike deel daarvan, uit terwyl dit volkome harmonieer van die sekulêre woordeboeke se verklarings daarvoor:

SPIRITUAL — of the spirit or nonmaterial. The word spiritual refers to nonmaterial things, including a spiritual body (1 Korintiërs 15:44–46) and spiritual things as distinct from earthly goods (Romeine 15:27; 1 Korintiërs 9:11). But the most important use of the word is in reference to the Holy Spirit. The Spirit gave the law (Romeine 7:14) and supplied Israel with water and food (1 Korintiërs 10:3–4). Our every blessing is from the Spirit (Efesiers 1:3), as is our understanding of truth (1 Korintiërs 2:13–15; Kolossense 1:9). Our songs should be sung in the Spirit (Efesiers 5:19; Col. 3:16), and our ability to understand Scripture correctly is given by the Spirit (Openbaring 11:8). We are to be so dominated by the Spirit that we can be called spiritual (1 Korintiërs 2:15; Gal. 6:1).

Dit is egter die welbekende en gesaghebbende The International Standard Bible Encyclopedia wat vir ons die uitgebreide oorsprong en betekenis van die term en begrip ‘spiritual’ weergee:

"SPIRITUAL
<spir’-it-u-al> ([πνευματικ?ς, pneumatikos], “?spiritual,?” from [πνευ?μα, pneuma], “?spirit?”): Endowed with the attributes of spirit. Any being made in the image of God who is a Spirit (?Johannes 4:24?.), and thus having the nature of spirit, is a spiritual being.
1.  Spiritual hosts of wickedness (?Efesiers 6:12?), in distinction from beings clothed in “?flesh and blood?” — the devil and his angels. This use of the word has reference to nature, essence, and not to character or moral quality. God, angels, man, devil, demons are in essence spiritual. The groundwork and faculties of their rational and moral being are the same. This limited use of the word in the New Testament has its adverb equivalent in ?Rev 11:8?, “?which (the great and wicked city) spiritually is called Sodom.?” As the comprehensive term moral includes immoral, so spiritual includes unspiritual and all that pertains to spirit.
2.  With the above exception, “?spiritual?” in the New Testament signifies moral, not physical antithesis: an essence springing from the Spirit of God and imparted to the spirit of man. Hence, spiritual in this sense always presupposes the infusion of the Holy Spirit to quicken, and inform. It is opposed
a.  to [σαρκικ?ς, sarkikos], “?fleshly?” (?1 Korintiërs 3:1?), men of the flesh and not of the spirit;
b.  to [ψυχικ?ς, psuchikos], “?natural,?” man in whom the pneuma, “?spirit,?” is over-ridden, because of the Fall, by psuche, the principle of the animal life, “?soul?”; hence, the unrenewed man, unspiritual, alienated from the life of God (?1 Korintiërs 2:14?; ?2 Petrus 2:12?; ?Judas 1:10?). See ? MAN, NATURAL?;
c.  to natural, meaning physical, “?.... sown a natural body; .... raised a spiritual body?” (?1 Korintiërs 15:44?).
3.  In the New Testament and general use “?spiritual?” thus indicates man regenerated, indwelt, enlightened, endued, empowered, guided by the Holy Spirit; conformed to the will of God, having the mind of Christ, living in and led by the Spirit. The spiritual man is a new creation born from above (?Romeine 8:6?; ?1 Korintiërs 2:15?; ?3:1?; ?14:37?; Kolossense 1:9?; ?1 Petrus 2:5?).
4.  Ecclesiastically used of things sacred or religious, as spiritual authority, spiritual assembly, spiritual office."

Uit al hierdie definisies uit gesaghebbende woordeboeke, is dit duidelik dat, met die aanwending van selfs net geringe insig, verstaan kan word dat ‘intelligensie’ ’n begrip is wat verwys na die mens se vermoë om sinvol met inligting om te gaan en kennis te verwerf gekoppel met sy vermoë om dit te assimileer en sekere sinvolle vaardighede in daardie verband te ontwikkel en dat ‘spiritueel’ ’n begrip is wat dui op die mens se verbintenis met sy geestelike dimensie en om die interaksie in die onsienlike, die ontasbare, die geestelike dimensie waarbinne die mens elke dag van sy lewe leef, mee aan te dui.

’n Kombinasie van ‘spiritueel’ en ‘intelligensie’ bring ons dan by ‘spirituele intelligensie’ uit, met ander woorde, die mens se vermoë om sinvol met inligting uit die geesteswêreld, die onsienlike dimensie, om te gaan en sy vermoë om dit te assimileer en sekere vaardighede in daardie verband te ontwikkel.

Spirituele Intelligensie is dus ’n gawe van God, nes empiriese intelligensie ook is (1 Konings 4:29–34; 10:1–3; Job 28:12, 20–28; Psalm 119:73; Daniel 1:17) en die pinakel van die gebruik en ontwikkeling daarvan is om vaardigheid in die Geestesdimensie met God op te bou (Spreuke 1:7).

Hierdie gawe is baie sigbaar by ware gelowige mense, wie daarvan bewus is en dit graag gebruik. Dit maak ook dan die verskil tussen diegene, aan die een kant, wat nie weet of kennis dra van die bestaan van dinge voordat hulle dit nie onder die hand van iemand anders opgelees het nie en dan ook net so kan papegaai, soos Cornelius en Wouter, byvoorbeeld, wat Wikipedia en ander se getjommel daaroor vir ons wil aanhaal, maar nié in staat is om self uit te dink en oorspronklik te redeneer met die inligting wat wel bestaan, oor wat dit werklik is, nie en aan die ander kant, die ander van ons wat oorspronklik en uniek kan dink en redeneer en dinge in diepte onder die oppervlak daarvan kan insien, weens hierdie gawe van God wat ons gekry het en graag gebruik vir die geskenk wat dit is.

Sonder Spirituele Intelligensie is dit bykans onmoontlik om insig te verkry in enige saak omdat alle dinge ’n spirituele dimensie het of in ’n spirituele dimensie funksioneer of gefunksioneer het – kennis het hulle dalk wel, maar nie insig nie. Insig en wysheid is gawes van God en die vrug van Spirituele Intelligensie (Spreuke 1:7; Jakobus 1:5).

Spirituele intelligensie is dus deur en deur ’n vermoë om in die spirituele, die geestelike dimensie, kennis te verwerf en bedrywig te wees en te ontwikkel. Doen die agnostici dit? Hoegenaamd nie. Daarom dat ek sê dat hulle geen spirituele intelligensie het nie – want op hulle eie getuienis sluit hulle hulself eenvoudig van die spirituele dimensie af.

Dit is waarom agnostici nie kan sien in watter slaggate hulle trap nie, omdat hulle nie die vermoë het om werklik in diepte te besin en ontleed nie – want hierdie dinge gebeur in die spirituele dimensie en manifesteer in die brein as medium - en hulle derhalwe ook nie kan begryp wat ons as ware gelowiges met hulle deel, nie.

Enige fisiese reaksie van die kognitiewe handeling het sy oorsprong in die spirituele dimensie. God is die onstaansbron van Kennis (Jakobus 1:5).

Géén mens kan in die volheid (Johannes 1:16; 10:10; Romeine 5:5; 2 Korintiërs 1:5) lewe, as hy nie Spiritueel bemagtig en bekwaam is nie en dié is van God vryelik beskikbaar op aanvraag (Jakobus 1:5).

“Daar is goud en ’n menigte korale, maar ’n kosbare sieraad is die lippe van kennis ... ’n Wyse man is sterk, en ’n man van kennis ontwikkel krag” – Spreuke 20:15; 24:5.

Kobus de Klerk

  • 5

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk, onthou jy hoe jy en jou kruipers my vervloek het toe ek die woordjie "broeders" met medemens vervang het?... ek het elkeen van jou Bybel-versies nagegaan, en nie in 'n enkele een staan die woord "Spitrituele Intelligensie" nie ... jy het dit self so opgemaak en pas dit op die "Woord" - dis jou vertolking dus! ... maar nou onthou ek; daar is die vryheid vir Kobus de Klerk (en sy gevolg) - en dan is daar die ter helle veroordeling vir die res wat Kobus de Klerk en sy Farisese haters nie eer nie ... Jou broeder in Adam, Cornelius Henn

  • Kobus

     
    Die feit dat woorde in 'n woordeboek staan beteken nie dit bestaan regtig nie. Spook en sinterklaas is in alle woordeboeke te vind.
     
    Spirituele intelligensie is bloot jou verbeelde kruk om jou verbeeldingsvlugte te ondersteun. Miskien moet jy probeer om 'n slag regte bewyse vir jou bewerings te verskaf.
     
    Sug
     
    Thomas
  • Kobus de Klerk

    Thomas,

    Woorde is in 'n woordeboek omdat dit waarna die woorde  verwys, wel bestaan en al vir lank so in die volksmond oor gepraat word.

    So, jy impliseer daar bestaan nie werklik soiets soos 'intelligensie' en 'spiritueel/spiritualiteit' nie ... Tag, as mens so na jou kyk, kry mens nogal begrip vir hierdie stuitige siening van jou ...

    Die feit dat jy as individu nie van die bestaan daarvan weet nie, is hoegenaamd geen maatstaf vir die werklik bestaan daarvan of nie. Daar bestaan baie dinge waarvan jy klaarblyklik geen kennis dra, as mens so na jou tussenwerpsels kyk, nie. Al wat die feit dat jy nie daarvan weet nie, beteken, is dat jy, as individu, in ontkenning lewe en dit beteken verder ook dat jy jou sokkies sal moet optrek!

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Wonderlik Kobus de Klerk!  

     

    Na al die jare... kan dit wees? ... dalk 'n wonderwerk, of so iets?  

    Kom ons kyk!  

    Kobus, jy spog met die volgende aan Thomas: "Woorde is in 'n woordeboek omdat dit waarna die woorde  verwys, wel bestaan en al vir lank so in die volksmond oor gepraat word".  

    Aanvaar jy nou die volgende - ook uit die woordeboek?  

    agnosties, =e. Wat die bestaan van God en die toekomstige dinge nie aanneem of verwerp nie, omdat ons nie genoeg kennis daarvan het nie.

    agnostikus, =se, ..tici. Aanhanger v.d. agnostisisme.

    agnostisisme. Leer dat die mens die wese van God en van dinge nie kan ken nie en daarom net die sigbare en tasbare in aanmerking kan neem. ..nostisisties.  

    ... en dan:  

    ateïs, =te. Iem. wat nie in die bestaan van God glo nie, godloënaar. ateïsme. Die beskouing wat die bestaan van God ontken, godloëning.

    ateïsties, =e. Godloënend.  

    Kobus, sien jy ook nou (ten spyte van jou infernale "Spirituele Intelligensie"), die verskil tussen 'n agnos en 'n ateis raak?

    Ja, en dit staan alles net so in die woordeboek!  

    Jou broer in Adam,  

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top