Die agnostici sukkel darem baie met die Woord soos dit in die Bybel opgeteken, is. Veral die kwessie van simboliek en metafoor soos dit gebruik, word. Gereeld moet ons sien hoe hulle, byvoorbeeld, snedig en neerhalend verwys na ‘pratende slange’ (die gesprek tussen die satan en Eva in die paradys, byvoorbeeld), ens.
Die ‘slang’ van Eden is inderdaad die satan. Die gebeure by die sondeval is nie fabels nie, maar werklikheid en is ’n gebeurtenis wat tussen die mens en spirituele wese, die satan, plaasvind. Dus, daar word sterk van metafoor en simboliek gebruik gemaak om die werklikheid van die spirituele interaksie met die mens, te beskrywe en te verduidelik. Daar word die ryke taalfigure en -gereedskap soos metafore, beeldspraak, ens. gebruik word om die onreine gees, die satan, wat Eva gekonfronteer het (’n werklikheid), te demonstreer. Die identiteit van hierdie ‘slang’ metafoor vir die satan, om die werklikheid en aard van die satan te verduidelik, word bevestig in 2 Korintiërs 11:3.
Uiteraard is die satan die hoof van die gevalle demone, onreine spirituele kragte (oftewel bose geeste), wat uit die Hemel geban, is (Openbaring 12:8 g.m. Jesaja 24:21-22; 2 Petrus 2:4; Judas 6 en veral Lukas 10:18). Die simboliese gebruik van die metafoor ‘slang‘ of ‘adder’ word in die Woord geassosieer met die satan, duiwels, of onreine geeste in hul manifestasie by die mens (??Psalm 140:3; ?Romeine 3:13; 2 Korintiërs 11:3; ? Openbaring 12:9) en hul menslike dienaars (?Matteus 12:34; 23:33?).
Dat die onreine geeste, waaronder die gevalle engele (demone) op die aarde teenwoordig was, selfs in die paradys, blyk, in samehang met Openbaring 12:7-9, ook uit Genesis 3:1, waar vermeld word dat die slang, oftewel duiwel, die satan, listiger was as al die bose geeste wat ongesiens deur die mens, vryelik in die veld saam met ander diere gedwaal, het (metafories na verwys as ‘diere van die veld’ – vgl. dieselfde gebruik van die ‘dier’ metafoor in talle aanwendings vir die bose gees in Openbaring). Maar, weens hulle verbanning uit die Hemele en die terminasie van hul noue verbintenis met die heerlikheid en Krag van God, was hulle magteloos. Hulle was dus daar, want die Woord vermeld, dit só, hoewel magteloos en het dus aanvanklik, voor die onderonsie met Eva en Adam, geen invloed op die andersins heilige staat van die paradyslewe gehad, nie.
Dit is juis oor die onreine aard van die demone onder satan, dat God vir Adam en Eva ’n verbod geplaas het op die ‘vrug’ van die ‘boom van kennis en van goed en kwaad’ (simboliek vir die setel van die onreine geeste in die paradys) wat in die middel van die tuin, was – die verbod behels dus juis om nié spiritueel met hulle te assosieer, oftewel, metafories gestel, van hulle kwade vrug te eet, nie – ’n aspek wat immers regdeur die Woord sentraal as baie ernstige verbod uitstaan (2 Korintiërs 6:14-18). Dié aanwending van dié beeldspraak vir spirituele goedere in die oordragtelike betekenis as ‘vrugte’, is bekende beeldspraak wat ook veral in die Woord gebruik word om die aard van kwaad en goed te onderskei (Matteus 3:8-10; 7:16–18?; Vgl 21:43?; ?Johannes 15:8?, ?16?; ?Romeine 6:21–22?; ?7:4?; ?1 Korintiërs 9:1?; ?Filippense 1:22?; ?Hebreërs 12:11?; ?Jakobus 3:17?; ?2 Petrus 1:8, ens.).
Daar word ook in dié vers, Genesis 3:1, juis metafories na die onreine geeste verwys asof hulle diere van die veld is, omdat hulle van hul eens hoedanigheid as heerlike engele, verneder is tot bannelinge uit die Spirituele, die Geestelike, realm nadat hulle uit die hemel geban, is en op aarde soos verworpelinge, was – sien weer Openbaring 12:8 g.m. Jesaja 24:21-23.
Maar uiteraard is hulle listig. Let op die spesifieke verwysing na hulle as sodanig in vers Genesis 3:1, waar vermeld word dat die ‘slang’ (satan) listiger as die ander van hulle, is – ’n spirituele kenmerk wat nié by die gewone diere te vinde is, nie – daarom die maklike onderskeid tussen hulle en die gewone diere van die veld.
Hierdie onmag van die demone en satan weens hulle vernedering (iets wat die satan nie kan verduur, nie, want hy en dié saam met hom, is juis uit die Hemele geban weens hulle verwaandheid en arrogansie teenoor God – en dié sien ons veral by die ateïstiese agnostici ook gereeld…), is ook die beweegrede waarom die satan die mens en sy vrou wou oorrompel met die bedrog oor Goddelikheid wat hulle kwansuis sou verwerf deur assosiasie met die verbode vrugte (onreine spirituele wesens) MAAR in ruil vir heerskappy van die wêreld, wat die satan op dáárdie stadium nié gehad het, nie, omdat God aan Adam gegee, het (Genesis 1:27-28).
Die satan se listige plan het gewerk, maar net vir hom en hy het toe op grond van die misleiding van die mens die heerskappy oor die wêreld bekom nadat die mens, Adam, dit aan hom afgestaan, het en hy, die satan, die wêreld voortaan as sy eiendom beskou (Lukas 4:5-6). Dit is ook die rede waarom God die aarde op daardie stadium vervloek het (Genesis 3:17), sodat die aarde self, nie die satan diensbaar kon wees nie – die satan as spirituele wese is self as sodanig nie in staat om fisiese arbeid te verrig nie, soos byvoorbeeld, om die aarde te bewerk, nie en voortaan sou die aarde niks meer nuttig oplewer tensy die mens dit met moeite bewerk en versorg, nie (sien weer Genesis 3:17) – en kon daardeur nie deur die satan misbruik en vernietig word soos hy die mens wat in sy mag kom, misbruik en vernietig, nie (arme agnostici …)
Onreine geeste, veral die satan, word dikwels in die Woord met slang of slange gesimboliseer. Die Goddelike vervloeking van die satan in Genesis 3:14 is dat hy vir die res van sy bestaan vernedering sal smaak omdat hy homself bo God probeer verhef het – en hy word in oordraglike betekenis vergelyk met ’n slang wat op sy pens seil en stof vreet en waarvan die kop (simbool van die satan se arrogansie en verwaandheid) gedurig deur die (gelowige) mens vermorsel sal word (Genesis 3:15), totdat die Mens, die HERE, dit finaal doen (Openbaring 20:1-10). Sien ook hoe die slang-simboliek wat vir die seun Dan, een van die twaalf, gebruik word in Genesis 49:17. Hierdie absolute vernedering van die satan, in aansluiting by die Genesis Woord, word grafies uitgebeeld in Jesaja 14, veral in 9-16. Sien ook Lukas 10:18 in verband met en ter bevestiging van, Jesaja 14:12.
Die direkte verbintenis tussen die metaforiese gebruik van ‘slang’ as oordragtelike betekenis vir die duiwel en satan en die gepaardgaande simboliek van die slang en die satan, die duiwel, is te vinde in Openbaring 12:9; 20:2.
Dus, die spiritueel bekwame leser kom geredelik agter wanneer die Woord gebruik maak van hierdie taalfigure ter verduideliking van werklikhede en wanneer die Woord direkte feitelike stellings maak, soos byvoorbeeld by die skeppingsgebeure in Genesis 1 en 2 en die okkultis Bileam se pratende esel in Numeri 22, wat die proses deels in beeldspraak en in direkte verhaling verduidelik.
Die ironie is dat die Woord in die Bybel ook maar ryklik gebruik maak van taalgereedskap soos metafoor, simboliek, idioom, beeldspraak, spreekwoord, allegorie en geykte spraakvorm om die werklikhede waaroor dit telkens handel, in Spirituele, geestelike, verband te beskryf, verduidelik, insig te kweek, ens. Die grootste kritici van die Woord oor die aanwending van juis hierdie soort van taalfigure gebruik dit self in hul alledaagse omgang lees en selfs gebruik en dus verstaan hoe dit werk wanneer dit deur taalgebruikers aangewend word om werklikhede deur middel van poësie, prosa, woordsketse, en dies meer te beskrywe en te verwoord, maar skielik, wanneer dit effektief en dinamies in die Woord gebruik word om die verband tussen feite, wetenskap en Spiritualiteit te beskrywe, word dit nie in Woord konteks verstaan nie en sal hulle nou wil te kenne gee dat die Woord onbetroubaar is en alles in die Woord onwerklik is, juis oor dieselfde gebruike daarin … is dit nie ooglopend oneerlik van hulle om sulke dubbele standaarde te wil aanwend nie? Skielik kan hulle nie meer onderskei wanneer dié taalfigure aangewend word, nie en word alles sommer onder dieselfde kam, geskeer – gewoonlik wanneer dit gaan oor iets wat hulle nie kan verstaan nie (en dit is meeste dinge in die Woord). Al wat dit van die kritici van die Woord sê, is dat hulle eie integriteit uiters twyfelagtig, is en dat hulle ooglopend oneerlik met die Woord omgaan – benewens die feit dat hulle dit nie kan verstaan, nie.
Maar, hoe anders? Agnostici se onvermoë en optrede wanneer dit by hulle eienaardige onbegrip vir en van die Woord, ook in hierdie verband, kom, is ook maar weer die hoeveelste bevestiging en demonstrasie van die uitstaande kwaliteit, Waarheid en betroubaarheid van die Woord, waar die Woord van die HERE Jesus Christus dié fenomeen beskrywe – in hierdie geval al ongeveer tweeduisend jaar gelede opgeskrywe, gebaseer op nog veel ouer Woord-profesieë van die profete Jesaja (ong. 700 v.C. ) en Esegiël (ong. 570 v.C.) wat al toentertyd (d.w.s. ong. 2,700 gelede) presies beskrywe hoe ons dit vandag steeds aantref:
“Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie” - Mattheus 13:13 (Sien ook Jesaja 6:9-10 en Esegiël 12:2).
Wie is daar nog wat eerlik kan sê die essensie van die Woord soos in die Bybel opgeteken – Ou Testament beslis ingesluit – is uitgedateer en verouderd en nie vandag, mutatis mutandis, net so van toepassing soos destyds, nie?
Kobus de Klerk


Kommentaar
Dankie, Kobus, uiteindelik stem jy met my saam dat die Bybel fiksie is en dus ’n skepping van die menslike verbeelding.
Nou kan ons die debat verder voer en dit as letterkundige genre bespreek. Ek kan sien dat die gebruik van beeldspraak nl. die vergelyking, die simbool, die metafoor, die allegorie die mite en die fabel dan vir jou meer sin sal maak.
"Die ‘slang’ van Eden is inderdaad die satan". Is dit regtig so? Klink eerder na Genesis se weergawe van die Prometheus mite. Prometheus wat aan die mens vuur bring wat hom in groot moeilikheid bring by Zeus. In konteks maak hierdie interpretasie oneindig meer sin as jou kinderlike geloof dat die arme slang Satan is.
Paulus gebruik die beeld van die slang in 2 Korintiërs 11:3, maar dit is glad nie duidelik dat hy die slang assosieer met Satan nie. Dit is geheel en al jou, Kosie, se spin! Dieselfde, behalwe vir Openbaring 12:8, is waar van die string versies wat jy voorhou (Jesaja 24:21-22; 2 Petrus 2:4; Judas 6; Lukas 10:18; ??Psalm 140:3; ?Romeine 3:13; 2 Korintiërs 11:3; ?Matteus 12:34; 23:33) as bewys dat die slang in Genesis die Satan is. Selfs al sou hierdie versies die slang verbind het met Satan, sou dit slegs kon wys dat latere skrywers dit so geinterpreteer het, nie dat dit die bedoeling van die skrywer van Genesis was nie.
Jou parafrasering van Genesis 3:1 is so onakkuraat en lagwekkend dat ek liewer geen kommentaar lewer, behalwe om te noem dat dit ’n voorbeeld is van wat fundementele Christene wens die Bybel het gesê.
Die res van jou brief is in dieselfde oneerlike styl van die waansinnige fundementalis wat slange, demone en duiwels sien elke keer as daar 'n vurk in die pad is.
Kobus,
Ek staan nederig teenoor dit wat jy, of enigeen glo of nie glo nie.
Elke druppel geloof kom in die liefde en genade uit die hand van ons almal se Almagtige Lewende Skepper (ALS)!
Geen mens kan aan ’n ander geloof bring nie.
Elkeen wat geloof het ken die genade daarin en sal op geen manier hulself oor ander daarmee verhef nie.
Inteendeel; geloof laat ’n mens enige ander se voete was ... en dit is immers wat God self kom doen het vir die HELE wêreld ... soos daar geskrywe staan; Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, ’n dienskneg is nie groter as sy heer nie, en ’n gesant is ook nie groter as die een wat hom gestuur het nie ...
Kobus, net die HERE weet wie uitverkies is.
En dit bring my by die punt; wie is jy om so gedurig ander in hul geloof of ongeloof te probeer neerhaal?
Nes daar harte is wat glo dat Genesis se Skeppingsverhaal letterlik geneem kan word, net so is daar diegene wat glo dat Jesus Christus onse HERE se opstanding uit die dood ’n sinnebeeld is.
Persoonlik beskou ek Genesis se Skeppingsverhaal as ’n metafoor en ken ek Jesus Christus onse Ewige Vader se opstanding uit die dood as feitelike genade in my hart.
Dan is daar ook hulle wat Markus 16:18 absoluut vertolk "slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie" ... en daar is die die Amish ... ja, en so is daar menige uitleg in woord en daad tot eer van onse Skepper.
Maar waarom gedurig ander met jou infernale spirituele leer dat kennis hoofsaaklik op jou verstandelike begrip berus en nie op op ’n anders se geestelike ervaring nie beledig ou Kobus?
Hoeveel ervaring het jy van ’n ander hart se pad in die lewe?
Wie het jou as regter aangestel?
Nee wat Kobus, die sensasie wat jy vir jouself verwek dien jou eie eer en selfsug.
Maar, ek vergewe jou.
Jou amigo in Adam,
Cornelius
Dankie Kobus,
Ek sien jou brief as uiters insiggewend!
Die ongelowiges wat hierop reageer kry ek eintlik jammer. Hierdie praginsigte word op skinkbord aan hul gebied, en tog besluit hulle om eerder hul harte te verhard. En besef nie dat ’n leerbare gees verryking inhou.
Ek geniet nogal Chris en Angus se insette ook– want was dit nie vir hulle nie, het jy dalk nie so gereeld teruggeskryf nie. Daar moet dus diesulkes ook wees, sodat die geheelprent van Gods einddoel op aarde voltooi en bewys kan word. (So asof hul eintlik misbruik word?)
Ekself het nog nooit nodig gehad om my geloof te verdedig, of te weet hoe Ateiste of die Agnostikus glo en dink nie. Ek lag dus heerlik in my mou en geniet al julle redekawelry. Voorwaar leersaam!
Trienie
Hello Trienie
Ek is bly jy vind alles so "insiggewend" en "leersaam". Nou moet jy nog net daai ding daar tussen jou ore aanskakel.
Chris,
Ek het uiteraard nie gedink jy sou saamstem met my, nie, maar Trienie se kort en bondige beskrywing van jou en die ander soos jy se hantering en doel van betrokkenheid van en in wat geskrywe is, is so in die kol en vat die kwessie omtrent julle baie netjies raak – ek het dus nie nodig om verder daaroor uit te brei, nie, behalwe net om te sê dat jou gebrekkige insig na jou ellelange studie (kyk jou aanmerkings oor 2 Korintiërs 11:3, byvoorbeeld), verbysterend gebrekkig is. Om van Angus se poging, nie eens te praat, nie. Sowat van insigloosheid kry mens selde. Arme Cornelius kan nie eers verwysings na metafoor slang van werklike slang in die Woord, onderskei, nie.
Ek dink Trienie slaan die spyker op die kop – dit is asof mens tyd mors met julle, om julle in die Woord en omtrent God op te voed, en tog ... dien julle ’n doel.
Julle misgis julle gruwelik met ware Christene se Godgegewe insig en bekwaamheid.
Kobus de Klerk
Trienie,
Dankie vir wat jy skrywe. Dit is duidelik dat jy ’n gawe van wysheid en insig, het, en dit roer die agnostici in hulle binneste. Moet jou dus nie aan Chris steur, nie. Jy weet mos nou al, dit is tipes die optrede van die agnostici is hulle nie meer weet watter kant toe nie, en dit begin besef – dan stroom die beledigings uit hulle asof dit nou iets vir hulle reeds verlore saak sou beteken. Ons kan hulle natuurlik ook slegsê vir dae aaneen, maar wat, watter doel sal dit nou dien?
Die feit is net, wanneer hulle so reageer, dan weet ons dat hulle besef ons is in die kol. Dit is daardie besef wat hulle dan met ’n leë skellery en verdagmakery laat manifesteer, omdat hulle werklik niks anders, sinvol, het om te sê, nie. Die ergste is dan dat meeste van hulle steeds nie besef dat dit dan eerder vir hulle beter sou wees om stil te wees as om so nutteloos te manifesteer, nie – en dan nog boonop die Woord dien en gestand doen waar die Woord as volg oor hulle reaksie uitwys in Psalm 92:7; Spreuke 12:16; 18:2, 7; 23:9 en veral Spreuke 17:28.