Oor die Verdwaal-kinders, vir Cornelius

  • 0

Dit verbaas my dat daar so min oor hierdie tragedie geskryf word in die pers en, sovêr ek weet, was die SABC ook stil daaroor. Die ANC-regering sê ook niks, miskien omdat hulle besef dat hulle welsynsdienste misluk het in hierdie geval, daar het nie kospakkies by die kinders uitgekom nie.

Ek voel amper ons moet ’n nasionale gedenkdag hou vir hierdie arme bloedjies wat so wreed dood is. Wat kan mens doen om sulke voorvalle te keer? Om te gee aan welsynsorganisasies is omtrent al wat ek aan kan dink, en om dan te bid dit kom by die regte plekke uit: Díe wat dit nodig het.

Groete,

Varkspek

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top