Oor die gaywees-kwessie

  • 6

Mens word met die seksdrang gebore, hoewel dit natuurlik eers later in die lewe “ryp” word. Liefde vir ander persone is ook natuurlik, soos selfs liefde tussen persone van dieselfde geslag. ’n Man kan soms baie lief word vir ’n mansvriend soos Dawid van die Bybel vir Jonathan, van wie hy na Jonathan se dood gesê het: “Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.” (II Samuel 26)

Die aangebore seksdrang moet ontwikkel en gevestig raak, gefokus gewoonlik op ’n person van die teenoorgestelde geslag. Maar soms word dit gefokus en gebind op ’n persoon van dieselfde geslag, weens onbekende redes. 
 
Dit kan wees dat dit die gevolg is van die person se eerste seksuele ervarings, wat dalk met ’n persoon van dieselfde geslag was. 
 
Ek glo dat selfs onbedoelde ervarings wat nie as “seks” bedoel is nie, kan lei tot ’n fiksasie op ’n person van dieselfde geslag. ’n Ouer seun stoei bv met ’n jongere en druk hom vas. Onbewustelik vind daar ’n “bond” plaas, die jongere raak selfs verlief op die ouere. Die ouer seun het dalk doelbewus effens op seksuele manier met die jonger een verkeer, sonder dat hy self homoseksueel is, of dalk is hy bi-seksueel. 
 
As die familie kom kuier en oorslaap, en elke gesin het ’n aantal kinders, word daar beddens gedeel. Of dalk slaap ’n aantal kinders langs mekaar op die sitkamervloer. In die nag rol die ouer seun dalk deels oor die jongere of hy sit net sy been oor in ’n erotiese droom. Weereens vind ’n verbinding plaas. 
 
So ’n seksdrang na dieselfde geslag is geweldig sterk en kan nie sommer verbreek word nie, indien ooit. Want onthou, dis natuurlik vir ’n seun om vir ’n ander seun lief te wees en nou wil die ouers daardie liefde uitkanselleer. 
 
Ek glo baie gays, as hulle begin besef hulle is gay, het ’n behoefte om dit vir almal te vertel. Dis soos ’n openbaring wat hulle ervaar het en ’n verligting na jare se wroeging. 
 
Oral word sterk gediskrimineer teen gays, selfs die doodstraf word opgelê. Daarom is dit belangrik dat hulle aanhou betoog.
 
Groete
 
Tiens Pretorius
  • 6

Kommentaar

  • As daar ooit 'n bybelvers was, wat gebruik is om te bewys dat David en Jonatan in meer as 'n vriendskaplike verhouding was,dan is dit die vers wat aangehaal is.

    Die vers kom uit David se treurlied oor Saul en Jonatan.

    Om alle misverstande in die verband uit die weg te ruim plaas ek die treurlied volledig soos dit in Die Boodskap vertaal is.

    Dawid se treurlied oor Saul en Jonatan

    17Dawid het ’n treurlied oor Saul en sy seun Jonatan gedig.

    18Die lied se naam is “Die Boog”. Dit is opgeteken in die Boek van die helde. Dawid het gesê al die mense van Juda moet dit leer. Dit klink só:

    19Israel,
    op jou berge lê jou beste manne dood!
    Die helde het geval!

    20Vertel dit nie in Askelon, in Gat nie;
    hou dié nuus dig vir elke mens op straat!
    Want anders is die heidene weer bly,
    hou die Filistyne se vroue ’n fees!

    21Gilboaberg, jou vervloekte plek!
    Ek wens dit dou nooit op jou nie,
    ek hoop dit reën nooit op jou hoë weiveld nie.
    Op jóú lê daar ’n held se skild in die grond getrap.
    Dis Saul se skild vol bloed.
    Niemand sal dit ooit weer
    by die huis met olie smeer nie.

    22Jonatan se boog
    het altyd raak geskiet.
    Ja, jy kon maar weet:
    wanneer hy en Saul hulle swaarde uittrek,
    dan loop die bloed!

    23Saul en Jonatan, sy seun -
    die mense was baie lief vir hulle.
    Hulle was altyd bymekaar;
    nou is hulle ook saam in die dood.
    Hulle was so vinnig soos valke,
    so dapper soos leeus.

    24Vroue van Israel,
    julle moet huil oor Saul,
    oor die man wat vir julle
    die mooiste klere en juwele gegee het.

    25Die helde het geval
    toe die geveg op sy kwaaiste was.
    Op die berge van Israel
    lê Jonatan se lyk!

    26Ek is so hartseer oor jou, my broer,
    my heel beste vriend.
    Jou vriendskap was vir my meer werd
    as al die vroue se liefde.

    27Die helde het geval;
    hulle wapens is tot niet."

    Hulle was soldate en dapper krygsmanne en het 'n vriendskap gevorm soos net
    soldate kan vorm wat sy aan sy teen die vyand geveg het.Om dus 'n seksuele band tussen die voor te hou is niks meer as 'fake news'.

  • Hans Richardt

    Elke ou kan seker kies waar hy sy pyp indruk, net nie in my exhaust nie. Weet nie hoekom die privaat keuses so affêre gemaak word, terwyl BAIE nie belangstel in die stories en motiverings nie. Sodom en sodomiete was in Abram se vrou en Lot, soutpilaar, al daar. Ek eet geen Lunchbar nie...

  • Die homseksuele debat sal in dag des lewens nie tot 'n regte antwoord of oplossing kom nie. Dit is so oud soos die mens self. Die homoseksueles en geslagsloses sal altyd 'n antwoord of regverdiging van hul besluite aanbied. Ek wil of vermy sulke konfronatasies want ek het ander goed om te doen en is nie by magte om enige uitspraak daaroor te maak of iemand te veroordeel nie. Ek stry ook nie oor politiek of Godsdiens nie. Dit is keuses wat jy maak. Jy moet hou by jou keuses. Elke keuse wat jy maak het gevolge. As jy besluit jy wil suiplap, daggaroker of heroiën verslaafde word, "go for it". Jy het die gesonde verstand gekry om te besuit om die eerste trek te vat of die eerste dop te vat of die eerste naald in jou te druk of wit poeier te snuif. Ek vra net, respekteer my as mens om nie jou lewensstyl of besluit wat jy geneem het in my keelgat te kom afdruk nie. As jy jou gewoonte aan die gang wil hou sal ek jou aanraai om nie my nie te kom om my skade aan te doen nie. Ek sal nie simpatie met jou hê nie. Die "straight" mans word mos daarvan beskuldig dat ons die skuim is wat vrouens verkrag. Die aanslag teen die man word al hoe veller.

  • Barend van der Merwe

    Hans, navorsing bewys dat nagenoeg 30 % van heteroseksuele paartjies ook anale seks beoefen. Dit is nogal 'n substansieele hoeveelheid mense hoor! Ek dag ek se maar net.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top